Twee vas oor versteekte dwelms

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee mans is Dinsdag by ʼn tolhek naby Kaapmuiden in Mpumalanga in hegtenis geneem nadat miljoene rand se dwelms in hul motor gevind is.

Volgens ʼn polisiewoordvoerder het die polisie inligting opgevolg en die mans by die Inkomazi-tolhek voorgekeer. ʼn Snuffelhond het deur die voertuig gegaan en op dwelms afgekom.

Die verdagtes is na ʼn nabygeleë polisiestasie geneem waar die voertuig deursoek is. Meer as R10,8 miljoen se dwelms is gevind waar dit in verskillende plekke in die voertuig versteek was, insluitend in die enjin en agter die noodwiel.

Die mans sal binnekort in die periodieke hof in Kaapmuiden verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Nogals ·

Nogals met ‘n Landrover soos 2 toeriste!!!!! Mooi gedoen Polisie, ondersoek almal.

Scalla ·

Goed gedoen saps, ou smokkelaars, dit was beslis nie die eerste keer gewees nie.

LeonR ·

Maar ek dink dalk dieeerste keer wat hul uitgevang is en dan hopelik die laaste kaar, vat hom Vlaffie!!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.