Volgens ʼn polisiewoordvoerder het die polisie inligting opgevolg en die mans by die Inkomazi-tolhek voorgekeer. ʼn Snuffelhond het deur die voertuig gegaan en op dwelms afgekom.
Die verdagtes is na ʼn nabygeleë polisiestasie geneem waar die voertuig deursoek is. Meer as R10,8 miljoen se dwelms is gevind waar dit in verskillende plekke in die voertuig versteek was, insluitend in die enjin en agter die noodwiel.
Die mans sal binnekort in die periodieke hof in Kaapmuiden verskyn.
Gmf! Land Rover is ‘n veeldoelige ou yster nê.
Goed gedoen SAPD. Baie geluk.
Nogals met ‘n Landrover soos 2 toeriste!!!!! Mooi gedoen Polisie, ondersoek almal.
Dankie vir die goeie werk hoop dit hou so aan in SA
Goed gedoen saps, ou smokkelaars, dit was beslis nie die eerste keer gewees nie.
Maar ek dink dalk dieeerste keer wat hul uitgevang is en dan hopelik die laaste kaar, vat hom Vlaffie!!!!!!!!!!!!!