Twee vas oor vervaardiging van tik

Argieffoto

ʼn Man en ʼn vrou, albei 34 jaar oud, is in Milnerton in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle glo tik vervaardig het.

Sinathi Joni, woordvoerder van die polisie, het gesê beamptes het reageer op ʼn wenk van die gemeenskap en dit het tot die inhegtenisnemings gelei. Die polisie het Sondag omstreeks 15:00 op ʼn huis toegeslaan en beslag gelê op tik met ʼn geraamde straatwaarde van ongeveer R1 miljoen.

“Hulle staan tereg op aanklag van handeldryf en die vervaardiging van dwelmmiddels nadat die polisie die tik, chemikalieë en toerusting in hul besit gevind het.”

Die twee persone verskyn Dinsdag in die Kaapstadse landdroshof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cor ·

Die ironie van dit alles is dat die twee besit niks, leef alles uit want dit is maklike geldmaak en as jy nie geld gewoond is nie leef jy alles uit. Hulle deellers is eintlik die ouens wat geldmaak en soos ryk lords leef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.