Twee vas oor vlootbasis-inbraak

Foto: SA vloot

Foto: SA vloot

Twee mense is in hegtenis geneem in verband met die inbraak by die vlootbasis in Simonstad.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die twee verdagtes, onderskeidelik 18 en 26 jaar oud, is vroeg Donderdagoggend in die Steenberg-omgewing in hegtenis geneem.

“Die inhegtenisnemings volg ná ʼn klopjag gisternag deur die Valke se eenheid vir misdade teen die staat (Cats) en lede van die misdaadintelligensie-eenheid. Verskeie weermagtoerusting is in die verdagtes se besit gevind.” Ramovha het gesê die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

Maroela Media het vroeër berig oor die inbraak Saterdagaand waartydens onder meer handgranate, vuurwapens en ammunisie gesteel is.

Brig.genl. Xolani Mabanga, woordvoerder van die weermag, het gesê ʼn ondersoek is van stapel gestuur om die omstandighede rondom die voorval te bepaal. “Die vloot beskou die voorval in ʼn baie ernstige lig en geen moeite sal ontsien word om seker te maak die skuldiges ry aan die pen nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Marius ·

Waar is die wagte wat diens moes doen, of is daar nie meer so iets nie? Seker gesit en slaap. Hou hulle wat aandiens moes wees verantwoordelik. Belagkik…..

Johann ·

Altyd n ondersoek…ja shure. Besef die boorgatspoke wat en waarvoor hulle verandwoordelik is as dit kom by iets wat in vandag se tye van terreur; NOOIT toegangklik behoort te wees vir 2 s.n.o.t.k.o.p.p.e om dit te “steel” nie! Sou die regstelsel nog gewerk het; sou die verandwoordelik vir die bewaking van ploftoestelle TOEGESLUIT word a.g.v hul nalatigheid. Dis ERNSTIGE misdaad!

pieter ·

hulle steel rsa onder ons uit en ons almal is aan die slaap.

Jan maak n plan ·

Soos wk ook vroeër genoem het, die ouens kan nie.eens hulle eie goed oppas nie en nou wil hulle n land oppad. Dit is pateties.

Ben Prinsloo ·

Kan hierdie 2 skuimbolle dalk net vir ons verduidelik wat wou hulle met die wapens maak en wie het vir hulle die inside info gegee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.