Twee vas toe barmhartige samaritaan vrou help

(Argieffoto: Marcus Trapp/pixabay)

ʼn Vrou wat ʼn vuurwapen in Theunissen in die Vrystaat wou koop en toe beroof is, is deur ʼn barmhartige samaritaan bygestaan.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê ná ʼn jaagtog is twee uitlanders in hegtenis geneem. Hulle het ʼn vuurwapen en ʼn speelgoedpistool in hul besit gehad.

“ʼn 42-jarige vrou wou Donderdagoggend omstreeks 10:45 ʼn onwettige vuurwapen by die twee uitlanders koop. Sy het die vermeende kopers in Potgieterstraat in Theunissen ontmoet toe sy besef het hulle het net ʼn speelgoedpistool.”

Een van die mans het ʼn vuurwapen op haar gerig en sy is van haar handsak met R3 000 kontant daarin beroof. Die verdagtes het te voet van die toneel gevlug.

“ʼn Verbyganger het die rooftog gesien en die verdagtes agternagesit. Hy kon die vrou se handsak met die R3 000 aan haar terugbesorg.”

Die polisie is in kennis gestel en die verdagtes is opgespoor. “Hulle is in hegtenis geneem en het ʼn 9 mm-vuurwapen met vier patrone en ʼn speelgoedpistool in hul besit gehad.”

Die verdagtes staan tereg op aanklag van gewapende roof, die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en onwettige immigrasie. Hulle sal na verwagting Maandag in die Theunissen-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Chris dupreez ·

En die vrou wat n onwettige vuurwapen wou koop , waar is sy nou

Cherokee ·

Soek steeds ‘n manier om haarself te beskerm teen moordenaars in Afrika, want die polisie is te vrotsleg om dit te doen.

Drico ·

Sy WOU een koop, sy HET NIE een gekoop nie. Indien sy nie gevang is met n onwettige vuurwapen in haar besit nie, kan niks aan haar gedoen word nie. Sy kan slegs n waarskuwing kry.

Jr ·

Mooi storie van n wets gehoorsame burger wat n krimineel vrou se handsak terug gee. Maar wat van haar wat n onwettige wapen wou koop. Sy is laat lyk of sy n VICTIM is waar sy eintlik net so rubbish soos die skurke is. Dis sukke stories wat my wil braak van vloek.

Frederik C ·

Met Cele se beoogde wetgewing, sal dit die enigste opsie wees om ‘n vuurwapen te bekom.

Blomme ·

REGTIG??? Wat nog? Nou is ons ‘beloved country’ ń ware gekkeparadys!!

melW ·

En waarom wou sy ń onwettige wapen koop? As jy moeilikheid soek gaan jy dit kry. Klink maar baie verdag…

Hasie ·

Enige iemand wat vuurwapen op straat wil koop het duistere motiewe en moet ook inhegtenis geneem word . Jy soek mos vir moeilikheid. Soms Moet mens net jou gesonde verstand gebruik …..

Cherokee ·

Korrek. Soos jy sê, gebruik jou gesonde vertand en besef dat mense hulself moet beskerm, want die polisie is niks werd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.