Twee vas toe hulle sak ivoor in ʼn restaurant vergeet

Die ivoor en renosterhoring wat die twee Chinese glo op 29 Januarie 2017 in 'n sak in 'n restaurant in Houtbaai vergeet het (Foto: Valke)

Die ivoor en renosterhoring wat die twee Chinese glo op 29 Januarie 2017 in ‘n sak in ‘n restaurant in Houtbaai vergeet het (Foto: Valke)

Twee mans van China, onderskeidelik 24 en 27 jaar oud, sal na verwagting Woensdag in die Wynberg-landdroshof in Kaapstad verskyn nadat hulle Maandag deur die Valke se bedreigdespesies-eenheid in hegtenis geneem is.

Die twee het glo Sondagaand ʼn rugsak met stukke geprosesseerde renosterhoring en ivoor by ʼn restaurant in Houtbaai vergeet waar hulle geëet het. Hulle het Maandagoggend opgedaag op soek na die sak, het kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, gesê.

Die twee niksvermoedende mans is na die nabygeleë polisiestasie verwys waar die pakkie glo vir veiligheidsdoeleindes ingehandig is. “Die waarde van die ivoor en renosterhoring beloop net meer as R60 000,” het Ramovha bygevoeg.

Lede van die elite-eenheid is met die aankoms van die twee geaktiveer en hulle is op die plek in hegtenis geneem. “Hulle staan tereg op aanklag van die onwettige besit van renosterhoring en ivoor,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johanna Botha ·

En SA is juis so pels met die mense wat ons weet alles so plunder in die natuur

Vaalseun ·

Johanna, watter klere aan jou lyf is nie in China gemaak nie?

Cherokee ·

Al die klere aan Johanna se lyf kan in Suid Afrik gemaak word.

Jean ·

DEPORTEER hulle. Hulle stroop SA van renosterhorings, van ivoor, van donkievelle .. laat hulle in hulle eie lande dit gaan doen. Hoekom altyd hierdie wrede praktyke teenoor diere vir tande, horings of velle? Neewat .. let them go back to where they came from . hulle het ‘n groot land, laat hulle daar gaan bly!

Scalla ·

Stuur die skelms terug van waar hul vandaan kom, praat eers baie mooi met die tweetjies en verban hul permanent uit die land.

Theresa ·

Dis mos nou duidelik wie so baie van ons gesogde diere se horings en velle STEEL. Waarom word hul toegelaat om hier rond te drentel – wat het hul op vorms ingevul? Toerisme – vir hoe lank is jy ‘n toeris?? Studente? hie hie – regtig? hier in ons plekkie waar jy glad nie lekker rustig studeer nie? Werkendes? Waar en vir wie en wat loop jy dan rond? Nee wat, genoeg redes om diesulkes mooi te vra (diplomaties??) om hul rugsakkies te vat en terug huistoe te gaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.