Twee vas ure ná Mooirivier-plaasaanval

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Bejaarde egpaar is Saterdagaand op hul plaas in die Mooirivier-omgewing deur drie verdagtes oorval wat hulle onder meer met gholfstokke aangerand het.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het gesê die egpaar, albei 72 jaar oud, is omstreeks 23:00 in hul huis oorval terwyl hulle televisie gekyk het.

“Die egpaar is met gholfstokke aangerand terwyl die verdagtes op geld aangedring het. Die verdagtes het die egpaar se 9 mm-pistool geroof en te voet gevlug,” het Zwane gesê.

Een van die verdagtes is tydens die rooftog geskiet en gewond.

Die Mooirivier-polisie is ontbied en ʼn volskaalse soektog na die verdagtes is van stapel gestuur. Twee van die verdagtes is ʼn paar uur later langs die R103-pad naby die misdaadtoneel opgespoor.

ʼn 28-jarige verdagte is met ʼn skietwond onder polisiebewaring na ʼn hospitaal geneem vir behandeling. Die man beweer sy medepligtige het hom glo per ongeluk geskiet. ʼn 40-jarige man is in hegtenis geneem.

Die twee sal na verwagting Dinsdag in die Mooirivier-landdroshof verskyn op aanklag van huisroof.

Die soektog na die derde verdagte, met die gesteelde vuurwapen, duur voort.

Omstandighede rondom die skietery word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Eddy ·

Gaan seker weer die valke kry om te kyk hoekom die ou mense nie die arme mense betaal het nie. Groot oom julius is seker oppad om te veg vir hulle ONSKULD

KarooKlong ·

Nieteenstaande die sensitiwiteit van die saak het dit my aan die lag gesit toe ek lees dat die een die ander ‘n skietwond toegedien het. Veral toe ek dink hoe dit moes gebeur het.

marianne ·

Aaag Here nee – nog ‘n aanval en dis weerlose ou mense!!!
Wat is die doel daaraan om mense the beseer of the vermoor???
Hou hulle op of sluit hulle in ‘n vertrek toe – roof en plunder en ry weg!!!!
Los ons boere en oues van dae uit!
Bring terug die doodstaf of gorilla hof soos in ander dele van Afrika.

Gert ·

Tog so ironies dat zuma bekommerd is oor die geweld in Suid soedan maar die plaaslike onrus en geweldadige aanvalle op weerlose ou mense pla hom gladnie.Wil voorkom of hy en die anc dit stilswyend ondersteun.

tanya ·

Ai julle! Dis verskriklik! Wat gaan ons doen in hierdie land van ons?

Peet J ·

Ons voorouers het so baie vir ons gedoen en ons gaan gee ons land weg.Ons is seker een van die domste nasies in hierdie wêreld.
Daar is mos sprake van dat die NSA ingelyf gaan word by al die ander Afrika state sodra dit gebeur kan ons maar van selfbeskikking vergeet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.