Twee vas vir aanval op oud-Springbok en hengelvriende

boeie 5Twee mans is Dinsdag in hegtenis geneem ná die aanval op drie hengelaars, waaronder die voormalige Springbok-rugbyspeler Gerhardus Sonnekus, in Port Alfred in die Oos-Kaap.

“Die polisie, in samewerking met die misdaadintelligensie-eenheid, het verskeie leidrade opgevolg en die twee mans, albei 34 jaar oud, is in die vroeë oggendure in die Nemato informele nedersetting vasgetrek,” het lt. Luvuyo Mjekula, ʼn polisiewoordvoerder, gesê. Die polisie is nog op soek na twee ander verdagtes.

Maroela Media het vroeër berig die vier verdagtes het Saterdagaand omstreeks 22:00 toegang gekry tot ‘n vakansiehuis waar Sonnekus (61) en twee van sy vriende oornag het. Sy vriende is intussen as Bernadus Lambertus Zaaiman (63) en André Cleghorn (60) uitgeken. Die drie slagoffers is vasgebind, aangerand en met skerp voorwerpe gesteek. Die aanvallers het selfone, alkohol en ‘n onbekende bedrag kontant gesteel.

Sonnekus en Zaaiman is ná die aanval na ʼn hospitaal geneem, maar is glo reeds ontslaan.

Mjekula sê Sonnekus en die twee vriende was op ‘n hengelvakansie in Port Alfred. Die polisie ondersoek ‘n saak van huisroof en twee sake van poging tot moord. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.