Twee vas vir Cullinan-rooftog

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn winkel in Cullinan, Gauteng beroof het en twee mense in die proses beseer het.

Johannes Jaftha, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie soek steeds na die ander verdagtes. Vier gewapende mans het Dinsdagmiddag ʼn Somaliër se winkel beroof. “Hulle het twee mans in die winkel aangehou en een van die mans met ʼn vuurwapen oor die kop geslaan. Hy is in ʼn ernstige toestand in die hospitaal.”

Volgens Jaftha is die ander man in die arm geskiet. Die rowers het met kruideniersware, selfoonlugtyd en kontant gevlug. Twee van die verdagtes is vroeg Woensdagoggend in Ekangala in hegtenis geneem. Jaftha het gesê een van die verdagtes is vroeër op borgtog vrygelaat nadat hy op aanklag van roof in hegtenis geneem is aan die Oos-Rand.

Die verdagtes sal Vrydag in die hof verskyn op aanklag van gewapende roof en poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.