Twee vas vir diefstal in Darling

Die polisielede wat die boewe vasgetrek het. Foto: ANA

Die polisielede wat die boewe vasgetrek het. Foto: ANA

Die polisie in Darling in die Wes-Kaap het twee verdagtes in hegtenis geneem wat glo selfoonnetwerkbatterye ter waarde van R80 000 gesteel het.

Kapt. FC van Wyk, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê ʼn sekuriteitsbeampte van Vodacom het omstreeks 01:30 ʼn SMS ontvang ná ʼn alarm op ʼn plaas in die Darling-distrik op die R27 afgegaan het.

“Die sekuriteitsbeampte het ook ʼn video op sy selfoon ontvang wat wys hoe die verdagtes by die stoorplek inbreek waar die batterye gehou word. Hy het daarna die polisie in Darling in kennis gestel en die Atlantis-polisie is ook ontbied,” het van Wyk gesê.

Van Wyk het gesê die sekuriteitsbeampte en die polisie het daarin geslaag om twee verdagtes vas te trek. Drie ander verdagtes het te voet gevlug. Die polisie het ook 23 Vodacom en MTN-batterye teruggekry. Die batterye weeg 65kg elk.

“ʼn Mosambieker en ʼn Zimbabwiër, wat albei 29 jaar oud is, is in hegtenis geneem en sal binnekort in die landdroshof in Malmesbury verskyn op aanklag van inbraak en diefstal,” het van Wyk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

annette duvenhage ·

Dis mos omdat hulle in en uit ons land kan kom en gaan soos wat hulle wil.

Deon ·

Jip, Annette, maar ons eie land se knape is darem nie vêr agter nie.
Die Engelse spreekwoord sê: “A fish rots from its head!’
Die mense volg die voorbeeld van ons president. Ek dink hulle het die gebod oor diefstal verander deur by te voeg: “Jy mag nie gevang word nie.”

jacoba ·

Dankie mag diè manne en vroue in blou ‘n beskermde Hand oor hul voel tydens die swaar en gevaarlik. Sterkte wees getrou aan die waarheid.

Peet Schabort ·

En die twee voor weerskante op die foto met ‘mombakkies’? Ek sien dat beide se hande (toevallig) agter hul rûe is?

CHRISTA ·

Dit lyk my die Wes-Kaapse polisie is ‘n bietjie wakker – dalk kan hulle die res van ons land se polisie oplei!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.