Twee vas vir duisende se perlemoen

Die motor waarin die perlemoen gevind is. Foto: Verskaf

Twee mans is in Kaapstad in hegtenis geneem nadat hulle met perlemoen ter waarde van duisende rande in ʼn voertuig se kattebak betrap is.

Kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder, het gesê die mans is Vrydag in Eersterivier in hegtenis geneem.

“Die polisie het inligting ontvang van verdagte mans wat in voertuie by ʼn winkelsentrum in die omgewing se parkeergebied gewaar is,” het Van Wyk gesê.

Die polisie het gaan ondersoek instel en die verdagtes se motors deursoek.

“Altesaam 16 sakke perlemoen is in een van die motors, ʼn VW Golf, se kattebak gevind. Daar was altesaam 1 573 stuks perlemoen met ʼn geskatte waarde van nagenoeg R780 000.”

Die polisie het op twee voertuie beslag gelê.

Die verdagtes, onderskeidelike 43 en 47 jaar oud, moet binnekort in die hof verskyn vir die onwettige besit van perlemoen.

Die perlemoen waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yster ·

Maroela. Ek vra weer. Sê asb vir ons wat word van die goed. Waar kan ons koop of word dit vernietig. Verkoop dit en skenk die geld aan ń instansie.

John ·

Waarom is hulle nie in-aksie vasgetrek nie? Ons kuswag is kragloos en magloos. En waarheen verdwyn die sakke vol seediere gewoonlik? Na die Ooste ja, ons regering se beste vriende wat die see leegtap en alles… alles opvreet, selfs die giftigste vir die ‘fun’.

Showahed ·

Dit sal interessant wees om te hoor wat word van hierdie gekonfiskeerde perlemoen. Dit kan terug in die see gegooi word om deel van die voedingsketting te word…. die beste oplossing myns insiens, maar as dit verkoop word, aan wie? Selfde met al die drugs?

Leahim ·

Dit is altyd vir my snaaks om te sien hoe word daar deur die polisie gekonsentreer op perlemoen asof dit die prioriteit misdaad in SA is pleks konsentreer hulle so op moorde, dwelms en onwettige immigrante.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.