Die Kaapstadse polisie het ʼn jong man en vrou in hegtenis geneem nadat dwelms ter waarde van nagenoeg R900 000 in hul besit gevind is.
Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die Gugulethu-stabiliseringseenheid het inligting opgevolg oor beweerde dwelmhandel by ʼn huis in Mandalay.
“ʼn Lasbrief is uitgereik en die eenheid het Vrydag omstreeks 20:20 by die huis in Wesselstraat opgedaag,” het Rwexana gesê. “Toe die polisie daar aankom, het hulle opgemerk die man gooi ʼn pakkie in die hondehok. Die polisie het die pakkie uitgehaal en Mandrax-tablette daarin gevind.”
Die res van die perseel is deursoek en die eenheid het op nog tablette in die kattebak van ʼn BMW, wat in die motorhuis gestaan het, afgekom.
Die man en vrou, albei 21, is in hegtenis en moet Maandag in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn.
Hou hulle agter tralies, hulle sal dit weer doen
Ek weet nie hoekom mense ander mense verslaf maak en dan daaruit wil geld maak.