Twee vas vir dwelms in kattebak

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die dwelms waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Die Kaapstadse polisie het ʼn jong man en vrou in hegtenis geneem nadat dwelms ter waarde van nagenoeg R900 000 in hul besit gevind is.

Konst. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het gesê die Gugulethu-stabiliseringseenheid het inligting opgevolg oor beweerde dwelmhandel by ʼn huis in Mandalay.

“ʼn Lasbrief is uitgereik en die eenheid het Vrydag omstreeks 20:20 by die huis in Wesselstraat opgedaag,” het Rwexana gesê. “Toe die polisie daar aankom, het hulle opgemerk die man gooi ʼn pakkie in die hondehok. Die polisie het die pakkie uitgehaal en Mandrax-tablette daarin gevind.”

Die res van die perseel is deursoek en die eenheid het op nog tablette in die kattebak van ʼn BMW, wat in die motorhuis gestaan het, afgekom.

Die man en vrou, albei 21, is in hegtenis en moet Maandag in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Buitestander ·

Ek weet nie hoekom mense ander mense verslaf maak en dan daaruit wil geld maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.