Ao. Mothemane Malefo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is Vrydag na die Rev MP Malatjie Primêre Skool ontbied. Eksamentoesighouers het die kandidatelys nagegaan en besef dat ʼn 24-jarige man in die matriekleerling, ʼn 22-jarige vrou, se plek opgedaag het om die eksamen af te lê.
Die vrou was veronderstel om fisiese wetenskappe te skryf. Sy en die man is by die skool in hegtenis geneem. Albei staan tereg op ʼn aanklag van bedrog.
Ook geen eerlike haar op hulle lywe nie. Alles moet gepaard gaan met skelm wees.
Kyk daardie ouderdomme!
O hemel tog, dis snaaks – ‘n man daag in die vrou se plek op en in elk geval is albei al in die twintig en dan probeer hul matriek skryf. Dis tog nie so moeilik om net bietjie te LEER nie, die standaard is so laag, net bietjie leer sal jou laat deurkom!
Ek stem Elizabeth die standaard is verby laag, 22 jaar matriek leerling die pressure was te kwaai daai man moes die eksamen seker afle teen ‘n prys ne niks is vir “mahalla” nie.
Ek stem Elizabeth die standaard is verby laag, 22 jaar matriek leerling die pressure was te kwaai daai man moes die eksamen seker afle teen ‘n prys ne niks is vir “mahalla” nie.
Hulle sou ministers in die ANC regering word as hulle hiermee kon wegkom.
Op 22 behoort jy al ‘n 3 jaar graad klaar te hê…………
Dit was dalk die leerling se eie man wat gaan uithelp het !1