Twee vas vir George-vrou se moord

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Wenk uit die gemeenskap het daartoe gelei dat twee mans Saterdagaand in hegtenis geneem is vir die moord op Isabella Kruger (77) wie se liggaam in ʼn bad vol water in haar huis in George gevind is.

Maroela Media het vroeër berig Kruger se dogter het op haar ma se liggaam in haar huis in Kraaibosch Country Estate afgekom. Daar was geen ooglopende merke aan haar liggaam nie en dit is nog nie duidelik hoe sy vermoor is nie. Haar Honda Jazz is gesteel, maar is later verlate op die Saasveldpad gevind.

Kapt. Malcolm Pojie, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die ondersoekspan het inligting ontvang van ʼn verdagte wat in Kruger se Honda Jazz opgemerk is en toe later weer in ʼn ander voertuig gesien is. “Die polisie het hierdie voertuig opgespoor en voorgekeer. Die motor is deursoek en goedere wat vermoedelik uit Kruger se huis gesteel is, onder meer ʼn skootrekenaar, is in die motor gevind,” het hy gesê.

“Twee verdagtes, onderskeidelik 28 en 31 jaar oud, is gevolglik in hegtenis geneem. Hulle staan tans op ʼn aanklag van moord tereg.” Pojie het gesê die moontlikheid bestaan dat bykomende aanklagte later bygevoeg kan word.

Die verdagtes sal in die week in die plaaslike landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Christa ·

Dit lyk of hulle plesier daaruit skep om mense so wreed te vermoor!!! En dan maak HULLE aanspraak op menseregte!! Net die slagoffers van misdaad het NIE menseregte nie!!!

Absoluut ·

Absoluut Christa, ek wil dit uitskree. Wens soms ek kon grondwet en reels gemaak het, dit sou baie basies gewees het. As jy regte vat – geen regte vir jou! Selfde manier uitgesorteer word as waarmee jy uitsorteer!

Johan. H. ·

Polisie julle is ysters,,Nee hulle maak aanspraak op alles maar verdien niks,,MENSE bewapen julself dis die enigste uitweg,,

Blond ·

Dis die DSTV kanale wat hulle so slim maak soos CI en daai kanale…. toevalig het die 1 man ook die vrou in badwater gesit na hy haar verkrag en vermoor het… alle bewyse word vernietig…

Marietjie vd Spuy ·

Isabelle was n Jesuskind. Sy was haar se gesin en gemeenskap se steunpilaar. Altyd n sagte woord gehad vir die in nood. Een wat menswees verstaan het. Sy was n vooraanstaande met n nederige hart. Capitalpark se mense sal jou mis.

Woedend ·

Dit maak my woedend om die getuienis by so berig te lees. Mag daai 2 skuldig bevind word en n behoorlike straf kry. Sterkte Marietjie, haar kinders en almal betrokke.

Ingrid ·

Is dit Pieter en Isabel Kruger wat in Januarie George toe getrek het?

Theo ·

Misdadigers staan buite die gemeenskap en behoort geen regte te he nie.

Sarah Venter ·

Amper by aftree geen” veiligheids kompleks”vir ons nie elke tweede persoon huur ‘n tuinier uit die straat,werk eerder self en leer raak skiet!!!

Anna ·

Sekuriteitskomplekse se bestuur moet effektief wees. Streng reëls en samewerking moet gehandhaaf word. Dit is heerlik in ons kompleks, want dis stil en netjies. Geen deurkloppery en blaffende honde heeldag nie. Hier bly verskillende kulture wat mekaar respekteer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.