Twee vas vir gewapende roof

jail_barsTwee mans, waaronder ʼn staatsamptenaar, is in hegtenis geneem in verband met ʼn gewapende rooftog in Libode in die Oos-Kaap.

Lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, sê ʼn 28-jarige man, wat vir die departement van maatskaplike ontwikkeling in Mthatha werk, en ’n 26-jarige man is Sondag in Ngangelizwe in hegtenis geneem in verband met die rooftog wat Vrydag plaasgevind het.

Fatyela sê die polisie het op ’n R5-aanvalsgeweer met twee magasyne en 71 rondes lewendige ammunisie, twee rewolwers, ’n pistool en ’n haelgeweer beslag gelê. Hy sê die al die vuurwapens se reeksnommers was afgevyl. Die polisie het ook op ʼn motor wat in Port Elizabeth gekaap is beslag gelê.

Volgens Fatyela word die verdagtes ook met 12 ander rooftogte verbind. Hulle sal eersdaags in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.