Twee vas vir hoofsweep se moord

Argieffoto: Kent Williamson

Die Valke het twee verdagtes aangekeer in verband met die moord op die hoofsweep van die Sakhisizwe-munsipaliteit, waarvan Elliot in die Noordoos-Kaap die hoofdorp is.

Kapt. Anelisa Feni, Oos-Kaapse Valke-woordvoerder, sê die twee, van onderskeidelik 34 en 45 jaar, is Sondag by hul onderskeie woonplekke op Tsolo en Elliot in hegtenis geneem. Die motief vir die moord is nog nie vasgestel nie.

Thanduxolo Peter Nobongoza (42) is laat Saterdagmiddag doodgeskiet terwyl hy vir ontspanning gewandel het.

Die Valke se eenheid op Queenstown met die hulp van onder meer provinsiale misdaadintelligensie, provinsiale speurders en die eenheid vir georganiseerde misdaad het sedert die moord hard gewerk om alle leidrade op te volg, sê Feni. Dit het vrugte afgewerp toe hulle Sondag aangekeer is.

Die moordverdagtes sal na verwagting Maandag in die landdroshof op Cala verskyn. Feni sê daar is ʼn kans van nog aanklagte.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.