Twee vas vir Koedoeskop-plaasaanval

Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: Heritage Protection Group

Een van die verdagtes wat in hegtenis geneem is. Foto: Heritage Protection Group

Twee mans, wat na bewering in Mei vanjaar ʼn boer en ‘n werker op hul plaas naby Koedoeskop oorval en aangerand het, is Dinsdag in die vroeë oggendure in hegtenis geneem.

Maroela Media het vroeër berig Petrus Johannes Venter (59), ʼn plaasbestuurder, en een van die werkers op die plaas is op 30 Mei in die vroeë oggendure deur vier aanvallers oorval wat met ‘n panga en sambok gewapen was. Die aanvallers het geld geëis, maar daar was nie geld op die perseel nie. Die verdagtes het toe met plasma-televisiestelle en ander huishoudelike items gevlug.

Sakkie Louwrens, direkteur van die teenmisdaadgroep Heritage Protection Group, het Dinsdag aan Maroela Media gesê die twee verdagtes is in Northam in hegtenis geneem. Van die gesteelde goedere is in hul besit gevind. “Ons kon een van die verdagtes deur middel van sy vingerafdrukke met die misdaadtoneel verbind,” het Louwrens gesê.

Hy het gesê hulle is steeds op die spoor van die ander twee verdagtes en hoop om hulle ook binnekort vas te trek.

Maroela Media het lt.kol. Malesela Ledwaba, woordvoerder van die polisie, om kommentaar genader en wag steeds op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

E ·

Ek is bly hul is gevang. Plaasmoorde is mos nou ń preoriteitsmisdaad, maar die anargiste het ń nuwe taktiek wat nou kop uitsteek.Het jul opgelet? Mense word nou laataand by besigheidsafsprake oorval en vermoor. Mense raak vermis en later hoor ons hul is vermoor. Wat is die verskil?

Snoefie ·

Hoekom word hulle identiteit altyd beskerm? Die misdade wat hulle pleeg regverdig dat die publiek sien hoe die oortreders lyk.

m ·

Niemand wil mee werk nie, wil net eenvoudig by ons huise inkom en kom vat wat hulle wil en jou kom rondruk in jou eie huis. Ek wonder of hierdie regering besef in wat se groot gemors hierdie land is wat misdaad betref…………….. dis total buite beheer….

Johann ·

En nou is hulle in die hande van die res van die “besigheids model”…die polisie. Breek en brand en steel en verwoes en vermoor. Word dalk gevang…en dan begin die lekker van in Suid Afrika n krimineel wees. Veral met die regte voorheen benadeelde verskoning. N opvang en ruskan op die belasting betaler se rekening. Net om vrygelaat te word om verder besigheid te doen.

Kosie ·

Die twee lyk soos bog snuiters. Watse ouers maak hulle kinders so groot?
Watter regering laat sulke nonsens toe. Bring terug die doodstraf.

Theuns ·

Maroela, die polisie het heel waarskynlik die foto verskaf. Kan julle verslagewers asb fotos van die ….. kry sodat ons sal weet hoe hulle lyk as hulle oor ons pad kom. Om uit Polisie selle te ontsnap, deur ‘ n Landros vrygelaat te word of R500 borg te kry is mos nou nie ‘ n kuns nie! Behalwe as jy wit is!!!

So Trots ·

So trots op elkeen wat saamstaan en hierdie helsims vang. Dankie aan die Polisie wat nog getrou ondanks skelms in geledere wat ‘n slegte naam gee, ondanks Polisie moorde en al die druk nogsteeds hul werk getrou doen. Wens ons kon jul beloon het met met bonusse vir elke misdadiger wat gestop of gevang word!!!!!!

Sus ·

Toe-toe, draai bietjie om daai lyfie dat ons almal kan sien hoe lyk ‘n krimineel se gesig! Of is julle nou te lafhartig??

Grap ·

Dit lyk na 2 skoonseuns die Afrikaner volk word swak baie jare gelede sou my ouma die twee ‘n ordentlike pak slae gegee het nou is hulle so arrogant hulle gaan val ‘n boer en sy werkers aan op ‘n plaas……ons eie skuld

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.