Twee mense is in hegtenis geneem in verband met die moord op Eric Wiese (81), ’n voormalige direkteur van Naspers.
Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig ’n 30-jarige man en 33-jarige vrou is Vrydagaand vasgetrek in verband met die moord op Wiese in Higgovale.
Sy liggaam is 4 Augustus ontdek.
Lt.kol. Andrè Traut, woordvoerder van die polisie, het bevestig dat die polisie ʼn saak van moord en huisroof ondersoek. Volgens Traut is die vermoede dat Wiese tydens ʼn huisroof oorval en met ʼn skerp voorwerp gesteek is.
Traut het gesê huishoudelike items is uit die huis gesteel.
Wiese, die voormalige finansiële hoof van Naspers, was 40 jaar lank by Naspers betrokke en het in die direksie gedien tot sy aftrede in 1998.
Die verdagtes sal Maandag in die Kaapstadse landdroshof verskyn op aanklagte van moord en roof.
Sover ek weet, mag hulle name eers bekend gemaak word nadat hulle in die hof verskyn het. Kom ons kyk maar, daar is mos dubbele standaarde.
Ek wonder nie eens oor hul name nie. Kyk na elke dag se nuus.