Twee vas vir mensehandel

Argieffoto

Twee verdagtes het Maandag in die Kaapstad-landdroshof verskyn op aanklag van mensehandel.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke in die Wes-Kaap, het gesê die verdagtes, John Chijoke Ndum (35) en Ebellenna Agbim (38), is Donderdag in die stad in hegtenis geneem.

“Die Valke, in samewerking met die Milnerton-polisie, het die paartjie opgespoor nadat ʼn 26-jarige slagoffer glo daarin kon slaag om uit hul greep te ontsnap en hulp by die owerhede te ontbied,” het Nkwalase gesê.

Volgens Nkwalase het die paartjie glo die slagoffer vroeër vanjaar onder valse voorwendsels vir ʼn “lonende werksgeleentheid” gewerf. Die slagoffer het op 15 Februarie van Johannesburg na Kaapstad gereis, waarna sy glo aangehou en in prostitusie gedwing en bedwelm is.

Die vrou is intussen na ʼn plek van veiligheid geneem. Ndum en Agbim is steeds in aanhouding. Hulle moet weer op 4 September in die hof verskyn wanneer hulle na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Barry vd Linde ·

Sit fotos van die skurke se gesigte op, sodat ons kan sien hoe lyk hulle asb.
Kannie glo hulle het al die regte in die wêreld nie.

Theresa ·

Plaas foto’s van mensehandelaars.
Hul hoort GEEN reg te hê op enige iets nie. Was heeltemal doelbewus bereid om ‘n mens (en vele ander s’n?) te vernietig – so waarom hul so oppiep?!!!
Geen borgtog nie, asseblief tog! Hul netwerk sal hul soos mis voor die son laat verdwyn net om verder mense se lewens te verwoes. Moord, maar hul haal nog asem. Hierdie tipe “mens” moet uit die samelewing gehou word.

lee ·

Hoekom klink hul “vanne” so na Nigeriërs ??

Wat soek hulle in ons land – behalwe om krimineledade te pleeg ??

SAD

Pres ·

@Lee, en hoekom klink soveel blanke vanne soos, Duits/Hollands/Engels ? Wat soek hul dan in Afrika?

Cherokee ·

lee, waarom noem baie van julle enige swart buitelander ‘n Nigeriër? Daar is meer lande in Afrika as slegs Nigerië.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.