Twee vas vir mensehandel in Rustenburg

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans van Nigerië is in Rustenburg, Noordwes, in hegtenis geneem op aanklag van mensehandel.

“Die mans, onderskeidelik 29 en 30 jaar oud, is Donderdag in hegtenis geneem nadat ʼn 24-jarige vrou van Kaapstad aan die polisie gesê het sy is in prostitusie gedwing,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê. “Volgens die inligting wat ons ontvang het, het een van die verdagtes verlede Vrydag [11 Julie] vir die slagoffer ʼn rygeleentheid aangebied nadat sy by haar vriend in Springs, Gauteng, gekuier het. Die verdagte het glo nie by die ooreengekome bestemming stilgehou nie en het na Rustenburg gery.”

Mokgwabone sê die vrou is in ʼn huis toegesluit en is later na ʼn straat in Rustenburg geneem waar sy as ʼn prostituut moes werk. Een van die mans het haar glo die hele tyd dopgehou. Sy kon egter aan polisiebeamptes, wat patrolliewerk gedoen het, vertel wat besig is om te gebeur en het die 30-jarige man uitgewys wat oor haar waghou. “Die ander verdagte het later met ʼn motor opgedaag en al twee mans is in hegtenis geneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.