Twee vas vir mensehandel

Argieffoto

Argieffoto

Twee Nigeriërs is in Rustenburg, Noordwes vir mensehandel in hegtenis geneem nadat hulle ‘n vrou glo in prostitusie ingedwing het.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, sê die twee mans, onderskeidelik 29 en 30 jaar oud, is Donderdag in hegtenis geneem nadat ‘n 24-jarige vrou van Kaapstad aan die polisie gesê het dat sy in prostitusie ingedwing is.

Mokgwabone sê een van die verdagtes het glo verlede week vir die vrou ‘n saamrygeleentheid aangebied nadat sy by haar kêrel in Springs aan die Oos-Rand gekuier het.

Hy sê die verdagte het glo nie by die ooreengekome bestemming gestop nie en met die vrou na Rustenburg gery.

Die vrou is glo in ‘n huis toegesluit en later na ‘n straat in Rustenburg geneem om as prostituut te werk terwyl een van die mans oor haar wag gehou het.

Die vrou kon glo daarin slaag om ‘n polisiebeampte wat patrollie gedoen het in te lig oor wat gebeur en die verdagte uit te wys.

“Die ander verdagte het ‘n ruk later met ‘n motor opgedaag en albei is in hegtenis geneem,” sê Mokgwabone.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.