Twee vas vir miljoene se beweerde taksbedrog

(Argieffoto: Maroela Media)

Christo Francois Pienaar (64) en sy gewese vrou, Elsie Elizabeth Pienaar (62), is Woensdag in die Palm Ridge-handelshof borgtog van R100 000 elk toegestaan nadat hulle die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) glo uit R53 miljoen bedrieg het.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het gesê die twee het na bewering vals belastingfakture geskep en tussen Junie 2013 en Maart 2014 ingedien.

Die twee het hulself Woensdag saam met hul regsverteenwoordiger by die Palm Ridge-polisiestasie oorgegee.

Mulamu het gesê verskeie items, ook dokumente wat verband hou met die beweerde aankoop van tweedehandse goud van onder meer Malibongwe Metals & Minerals en Hennox8321, is reeds in die besit van die Valke se eenheid vir ernstige handelsmisdaad.

“Die Pienaars se saak is tot 6 November uitgestel vir verdere ondersoek,” het sy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Stofdonkie ·

Dis werklik nie te sê hulle is skuldig nie, die ontvanger van al jou inkomste trek een faktuur in twyfel en besluit dan alle fakture is ongeldig.

Bullet ·

Die borg is billik gegewe die erns van die beskuldiging. Herhinner my net asb gou weer hoeveel borg daai klomp korrupte staatsamptenare gekry het vir R227m se bedrog? Was dit R10k elk?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.