Twee vas vir miljoene se onwettige perlemoen

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Wes-Kaapse polisiebeamptes het Maandag tydens ʼn klopjag op ʼn kleinhoewe in Langebaan twee verdagtes in hegtenis geneem en op perlemoen ter waarde van miljoene rande beslag gelê.

Konst. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê lede van die provinsiale georganiseerde misdaadeenheid, die honde-eenheid en beamptes van die departement van landbou, bosbou en visserye het die klopjag uitgevoer na aanleiding van ʼn wenk wat die polisie ontvang het.

“Omstreeks 07:00 het die beamptes die pakhuis langs Langebaanweg binnegegaan en daar op die onwettige perlemoenverwerkingsfasiliteit afgekom. Verskeie vertrekke is in die gebou gevind, insluitend ʼn kookarea, droogkamers, ʼn sorteerkamer en leefareas,” het Rwexana gesê. “Daar is beslag gelê op toerusting wat in die kook- en droogproses gebruik word, insluitend potte, gasstowe en -silinders, weegskale, waaiers, droograkke en termometers.”

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Die ondersoekspan het nóg onwettige aktiwiteite oopgekrap toe hulle op drie hidroponiese laboratoriums afgekom het. “Agter die kweekhuis waar verskeie daggaplante gegroei het, is 37 936 eenhede gedroogde perlemoen en ʼn groot hoeveelheid nat, skoongemaakte perlemoen gevind. Die geraamde waarde is meer as R9 miljoen.”

Twee Chinese burgers, onderskeidelik 31 en 35 jaar oud, is op die perseel in hegtenis geneem en sal Dinsdag in die Hopefield-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Humor ·

Jammer dat die polisie op so n late stadium ingelig is. Met hul deeglike toerusting is hul al baie lank daarmee besig. Geen borgtog asseblief.!!!!!!!!!

Scalla ·

Weereens Chinese burgers wat vrye toegang en selfs uitgenooi deur die huidige regering. hul hoofdoel is dwelms en om hul misdade hier te kom pleeg, jaag hulle terug van waar hul kom en laat hul daar verhoor word.

Armando ·

Petronell, tipies vrou: baie goeie, praktiese vraag! Wat word inderdaad van al daardie perlemoen?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.