Twee vas vir moord op KZN-polisieman

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee mans is Dinsdagoggend in hegtenis geneem nadat hulle glo ’n polisiebeampte in Verulam in KwaZulu-Natal doodgesteek het.

Die oorledene, sers. Nduduzo Sibiya (36), was by die Durban Harbour-polisiestasie gevestig.

Kapt. Simphiwe Mhlongo, woordvoerder van die Valke, sê Sibiya is Sondag deur die twee verdagtes oorrompel nadat hy ’n vrou wat aangerand is, gehelp het.

“Die verdagtes het Sibiya na bewering agtervolg en hom met ’n mes gesteek. Hulle het hom daarna van sy dienspistool beroof,” sê Mhlongo.

Sibiya is na ’n nabygeleë hospitaal geneem waar hy aan sy beserings beswyk het.

“’n Moordsaak is by die Verulam-polisiestasie aanhangig gemaak en die saak is na die Valke oorgeplaas.”

Die verdagtes, onderskeidelik 18 en 25 jaar oud, is vroeg vanoggend (Dinsdag) in Bergville in KwaZulu-Natal opgespoor. Hulle het in dié dorp weggekruip.

“Hulle sal na verwagting Woensdag in die landdroshof in Verulam verskyn. Hulle sal teregstaan op aanklagte van moord en roof.”

Genl.maj. Leseja Senona, die Valke se provinsiale hoof in KwaZulu-Natal, het die inhegtenisnemings verwelkom. Hy sê die Valke sal nie rus totdat Sibiya se dienspistool opgespoor is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Androclus ·

Hou hulle agter trallies,asb hulle hoort daar en nog so jonk.

Chris dupreez ·

Hoop hulle sit vir die res van hul lewens in die tronk

SomeOne ·

sulke jong mense, kinders, gee hulle groot, GROOT, klippe om dit kleiner te kap, nie met hamers nie, klip teen klip

Werner ·

As dit n Boer was was dit net roof moord sou nie op docket pas nie

Regverdigheid ·

Geen borg laat hul sit , jammer doodstaf bestaan nie in Suid Afrika …..as jy moor word jou lewe ook gevat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.