Twee vas vir moord op Noordwes-kleinhoewe

Laurika Potgieter. Foto: Facebook

Laurika Potgieter. Foto: Facebook

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn vrou, wie se liggaam Woensdag in haar huis op ʼn kleinhoewe by Silkaatsnek, naby Hartbeespoortdam in Noordwes gevind is.

Ao. Mpeile Talane, woordvoerder van die polisie, het gesê twee verdagtes is omstreeks 08:00 vanoggend in die Rietfontein-gebied vasgetrek. Hulle is onderskeidelik 24 en 25 jaar oud.

Maroela Media het vroeër berig die vrou se vriend het op haar liggaam afgekom nadat hy by die huis gaan ondersoek instel het. Hy het onraad vermoed omdat sy nie oudergewoonte haar kinders by die skool kom oplaai het nie. Haar liggaam is met veelvuldige steekwonde in die huis gevind. Verskeie items is ook uit die huis gesteel.

Volgens Talane is die laaiers van ʼn skootrekenaar en selfoon, wat tydens die aanval gesteel is, intussen teruggevind maar die res van die gesteelde items word steeds vermis. “Die verdagtes sal binne die volgende 48 uur op ʼn aanklag van moord en huisroof in die hof verskyn,” het hy gesê.

Talane wou steeds nie die naam van die oorledene bevestig nie. Sy is egter intussen op sosiale media as Laurika Potgieter geïdentifiseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

Landi Slatter ·

Dagsê Ben,

Dankie vir jou terugvoer. Ons vra om verskoning vir die oorsig en wysig die berig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Melanie ·

Regtig? Iemand is dood en jy worry oor spelling? Kan jy onsensitief spel?

Liewe heksie ·

Laurika RIP hoop daar gaan ongenadig met hul tewerk gaan erger as wat hul met jou was goeie werk

Tiger ·

Ons simpatie met die oorledene se familie en vriende.Nou is daar 3 wesies wat na gekyk sal moet word.More is die 2 kriminele weer uit op borg.Ons moet mense kan mobiliseer wat hulle volg en vankant maak.Dis al wat in die land gaan help.

Wern ·

Kras maar waar om dit te stop. Daar moet ernstige gevolge wees vir moord anders hou dit maar net aan, daarom wens ek die staat wil doodstraf terugbring.

rudi ·

Ons tronke is te lekker. My buurvrou was 6 jaar terug vermoor en die moordenaar is nou eers tronk toe. Hy was vir jare uit op parool en het R5000 betaal.

Anette ·

Ek wil net sê dat my sussie se 3 kinders wel wees is maar dat hulle versorg word tans deur my soos wat dit my sussie se wens was. Hulle is baie hartseer maar vind vertroosting by ons Hemelse Vader se voete, Dankie vir almal wat bystande gelewer het en nog steeds lewer. Ons waardeer dit opreg. Baie Dankie ook aan Harties Polisie wat so hard gewerk het om die skuldiges vas te trek. Julle het my vertroue in die polisiemag weer ‘n hupstoot gegee.

susan naude ·

Aaag foeitog. SO onnodig. SO verskriklik.:( Mag haar geliefdes vrede vind.

Fritz ·

Nou hoef hulle nie honger te ly nie , warm slaap , lekker tv kyk en hulle is helde.

Rens Roodt ·

Die staat moet gedagvaar word vir alle moorde – hulle moet begin betaal aan die agterblewenes – hulle kan nie hul mense beheer nie en kan ons nie beskerm teen hierdie moordenaars en plunderaars nie – niks kan hierdie mense terugbring nie en ek glo om dit te stop is om elke keer die staat te dagvaar om vir die agterblewenes te sorg

Andrea ·

Ek stem met jou saam! Is so iets moontlik? Kan iemand dalk verduidelik?

Cherokee ·

Jy moet finansieël sterk genoeg wees om die staat te dagvaar en hofsake, hooggeregshofsake, apèlsake en konstitusiehofsake kan bekostig, Andrea. Dit klink vir my na ‘n wensputjiewens tensy daar hope geld beskikbaar is.

Georgie ·

Laurika het baie swaar en hartseer in haar lewe geken maar syt nooit gaan le en opgee nie. RIV vriendin. Mag haar geliefdes vertroosting en krag ontvang. STERKTE!

E ·

So wreed soos elke week! omtrent nie ń week gaan verby wat daar so ń berig verskyn nie. Die arme kinders van die mamma, hoe moet hul nie net voel nie.Hierdie gediertes het geen binneste nie!!!
RIV mamma en mag God die kindertjies vashou.

mr m ·

de klerk,ja elke week word net meer en meer mense uitgemoor en dit gaan nie stop nie dis verby dit is ons almal se voorland een of ander tyd

mr m ·

n vriend van my bly in new zealand vir 10 jaar al hy sě hy is spyt hy het nie 10 jaar vroeer gegaan nie hy sě daar is geen diefwering geen inbrake geen hi jackings geen rapes geen armed robberies nie en n 1 of 2 moorde n jaar en ons almal weet mos hoekom dit so goed gaan daar so ek hoef dit nie uit te spel nie ek wens so ek kon gaan maar is nie so maklik nie as wat die hordes na suid afrika toe hardloop;dit is baie moeilik en jy moet n ambag het so wie ookal n ambag het kom so vinnig moontlik uit die plek

Madam X ·

Mr M, almal pas nie so maklik aan oor die water nie en alles werk maar baie anders as waaraan jy gewoond is. My vraag is, as dit so lekker is oor die water; hoekom gaan so baie mense dan weer terug na hul geboorteland toe, en party van hulle sommer binne die eerste ses maande? Die gras is miskien so groen oor die water van al die k…,maar ons Suid Afrikaners dink mos altyd alles van ander lande is beter as wat ons het. Al wat beter is in die buitelande is veiligheid, die res neem so vreeslik af, jou standaard van hoe jy bly, medies, selfs standaard in die skole, die lys is nimmer eindigend, so, beveilig jou so goed soos jy kan en geniet jou land.

Vreeslik wat met die arme vrou gebeur het en waardeur haar kinders en familie nou moet gaan, baie sterkte.

Theresa B ·

Tiger, ek stem volkome saam. Hulle moor links en regs net soos hulle wil want hulle weet – gratis kos en akkommodasie vir ‘n ruk en dan is hulle tog weer op straat. Dit grief my in die ergste graad!

Esmay ·

Fw dis jou skuld. Jy moet met al die bloedgeld wat jy ontvang het die dag toe jy ons afgeteken het vir ons n eiland gaan koop. Dan sal ons klein volkie weer oorbegin want ons gaan nog almal hier uitgemoor word. Maak nie saak watter nuwe president ons gaan hè nie. Die enigste afskrikmiddel, die doodstraf gaan nooit weer heringestel word nie !!!

Maria van Dieweeck ·

Waar is die oud Koevoet manne ens? Sny hul spoor, en as hul gevind word, maak voorbeelde. Iets moet gedoen word! Sooo jammer oor nog kosbare bloed gestort is, sinneloos.

Tiger ·

Madame X dis duidelik u was nog nooit oorsee nie.U gebrek aan kennis ivm wat in baie ander lande aan die gang is is erg.Daar is min lande ,behalwe in Afrika, waar skole ,hospitale ,paaie,medies ,lewens standaard en baie dinge so swak soos in die land van ons.As ons dit kon bekostig was ons ook al weg.Ons vriende oorsee by wie ons al gaan kuier het en hulle lag net vir al die snert waarmee ons moet sit.

Madam X ·

Ag ou Tiger, ek is al jare in die buiteland, so ek het eerste graadse kennis. Medies vergelyk beter met staatsmedies, maar jy het so baie “out of pocket” dis net nie waar nie. As jy op n goeie mediesefonds in SA is, groet dit maar totsiens, want daai vergelyke sal jy nooit weer sien nie, en al die buitelanders se tande lyk so skeef, vrot en krom, omdat dit nie eers gedek word deur die sogenaamde staatsmedies nie en jy vir dit en brille alles uit jou eie sak moet betaal. So ja, beter as n staatsmedies v SA, maar by verre swakker as n mediesefonds van SA, en die private healths hier wat soos mediesefondse is, beteken niks. Dit help net dat jy nie op n waglys gaan as jy geopereer moet word nie. Al wie dink dis beter in die buiteland is mense wat n sukkelbestaan in SA gevoer het en n lae inkomste verdien het. Al wat beter is is veiligheid en dis presies waar dit stop.

andrea van vuren ·

Madam X. Kry jou feite reg. My dogter, haar man en kinders woon nou al 18 jaar in Kanada. Hulle sal nooit, ooit terugkom na hierdie vieselike, korrupte, bankrot land van ons nie!

Theuns ·

Die twee wat haar vermoor het is twee Zimbabwiers. Die een het in haar tuin gewerk. Sy is ook doodgekap met ‘n pik, nie die piksteel nie maar die voorste gedeelte!

Bach ·

Madam X, jy is totaal oningelig, uit voeling en van `n vreemde planeet met jou stelling dat net mense wat `n sukkel bestaan in SA gevoer het, gelukkig is in die buiteland. As jy in SA gesukkel het, sal jy in die buiteland ook sukkel en dalk nie eers `n werk kry nie want hul standaarde is nogal hoog. Ek praat van ondervinding en baie vriende en familie in die buiteland wat nooit ooit sal terugkom nie.

Gina ·

Hier stry en bakleijulopdie vrou se dood???? nee man.Inplaas jul ook netnhand bysit en sê ek kanhelpmetn donasie of begrafnisreelings en en. Sy is weg geruk mense. Daar is 4 kinders wat agter bly. Eks dankbaar ek kan vanaand n handjie gaan uit wys

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.