Twee vas vir moord op oud-akademikus

Argieffoto: Johni Edwards

Argieffoto: Johni Edwards

Twee verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op Steyn Steenekamp (75) wie se liggaam Sondag op sy plaas naby Mooinooi in Noordwes aangetref is.

Maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die twee mans is in Fochville vasgetrek. Steenekamp se vermiste voertuig is in hul besit gevind. “Dit is nog nie duidelik wanneer die verdagtes in die hof sal verskyn nie, maar na verwagting sal dit eers Vrydag wees,” het Makau gesê.

Sy het gesê dat die verdagtes na bewering werkers op die plaas was, maar het bygevoeg die polisie het nog nie bevestig of dit wel die geval is nie.

Maroela Media het vroeër berig Steenekamp se liggaam is gevind deur mense wat melk by hom gaan aflewer het. Hy is vermoedelik verwurg en met ʼn ysterstaaf oor die kop geslaan. Sy hande en voete was ook vasgebind.

Volgens die polisie is dit nog nie duidelik wanneer Steenekamp vermoor is nie. Die liggaam het reeds begin ontbind toe dit gevind is.

Ds. Nicolaas Steenekamp, Steyn se seun, het Maandag aan Maroela Media gesê die omstandighede rondom sy pa se dood is nog nie aan die familie bekend nie.

ʼn Roudiens vir Steenekamp sal Vrydag om 10:00 in die Nederduitsch Hervormde Kerk in Middelburg gehou word. Hy sal in Pretoria begrawe word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Berhalet Beukes ·

Plaaswerkers… Die euwel van plaaswerkers! Soveel blanke mense sit sonder werk, verblyf, kos… gee hulle dan eerder ‘n geleentheid!

johan ·

Ongelukkig was die plaaswerkers blankes. Hy wou hulle n nuwe heenkome gee. Oom Steyn is die donderdag voor sy dood nog op die plaas gesien . Mag sy siel in vrede rus en sy famielie krag he om alles te verwerk. Hy het my ook weer opgetel en krag gegee om n sukses van my lewe te maak.

Eddie Davey ·

Hou op droom pêlla – GEEN blankes meld aan by ons vir werk nie – hulle verskies om te bedel en in wit plakkerskampe te lewe – eenvoudig te lui om te werk. En as mens hulle in diens sou neem, dan besteel hulle jou ook en lewer swak werk (indien enige). Nee pêlla, die blankes moet hulleself help – ons het dit in die verlede gedoen, en moet nou ook. HELP JOUSELF OF GAAN TEN GRONDE

chantal ·

Liewe Berhalet Beukes – dit WAS juis blankes aan wie hy werk en huisvesting verskaf het…..

Berhalet Beukes ·

Inderdaad? Ek staan nogtans by my kommentaar want as dit wel bly kos was, is dit beslis ‘n rare geval, is dit nie?

chantal ·

ek is bevriend met die familie en het bevestiging gekry by die weduwee.

valdy ·

Ek wil ook weet hoe chantal dit is wit plaas werkers.

maar van die os op die jas.
Hoe kry mens dit reg om n oumens wat geen weer stand het, te vermoor.

Berhalet Beukes ·

Ek wens ook ek kon dit verstaan…. Die wreedheid daarvan laat my steier!

Nicolaas Steenekamp ·

‘n Roudiens vir Steenekamp sal NIE Vrydag in Middelburg gehou word NIE.
Ek weet, want ek het die begrafnis gereël. Alles gebeur in Pretoria.
Groete, Nicolaas Steenekamp. VDM

wynand spencer ·

Ja nee dit is a rare geval dat dit wit is maar hoeveel ander boere word afgemaai deur hulle plaas werkers. Hulle word behuising gegee op die plaas en baie van hulle word gedra deur die boer wat vervoer aanbetref laat hulle in die dorpe kan kom om hulle kos te gaan koop ens

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.