Twee vas vir moord op ouma

(Foto: SA Polisie)

Twee verdagtes is Dinsdag vasgetrek vir die moord op ʼn bejaarde in Worcester in die Wes-Kaap.

“Die verdagtes is glo deel van ʼn groep mans wat betrokke was by die koelbloedige moord van ʼn 83-jarige ouma van Sterkspruit in die Oos-Kaap twee weke gelede,” sê Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die Wes-Kaapse polisie.

Die bejaarde vrou is glo beskuldig van heksery nadat sy ʼn man in ʼn plaaslike nedersetting begrawe het. “Saam met die mees onlangse inhegtenisnemings het die polisie nou al agt mans vir die moord op die vrou in hegtenis geneem,” sê Kinana.

Die twee verdagtes, ʼn man en ʼn vrou, sal na verwagting Donderdag in die streekshof op Sterkspruit verskyn op aanklagtes van moord, poging tot moord, brandstigting en aanranding.

In ʼn afsonderlike voorval het ʼn 35-jarige verdagte Woensdag in die landdroshof op Giyani in Limpopo verskyn. Vusi Small Mlangeni word aangekla van die moord op Soyaphi Thomas Nkuna (63), ʼn boer in die omgewing van Giyani. Volgens kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder van Limpopo, is die oorledene se liggaam met verskeie steek- en skietwonde op 12 Februarie langs die R529 gevind. Nkuna se bakkie is kort daarna naby Polokwane (Pietersburg) opgespoor.

Die saak is uitgestel tot 29 Mei vir verdere ondersoek. Mageni sal ook dan eers formeel vir borgtog kan aansoek doen.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.