Twee mans is in hegtenis geneem nadat ʼn 61-jarige vrou Vrydag in die vroeë oggendure op ʼn plaas tussen Sannieshof en Ottosdal in Noordwes aangeval is.
Maroela Media het vroeër berig Blackie van den Berg is omstreeks 01:15 in haar huis op die plaas oorval toe twee aanvallers met klapmusse ʼn deur oopgebreek het om toegang tot die huis te kry. Van den Berg, wat alleen op die plaas woon, is erg tydens die aanval aangerand. Die aanvallers het met ʼn selfoon, kontant en ʼn vuurwapen gevlug.
Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat twee verdagtes Vrydagmiddag in hegtenis geneem is. Volgens Funani is hulle onderskeidelik 21 en 24 jaar oud. Sy het gesê hulle sal Maandag in die Delareyville-landdroshof verskyn.
Van den Berg was vanmiddag steeds in ʼn hospitaal waar sy mediese behandeling ontvang. Nantes Kelder, hoof van AfriForum se trauma-eenheid, het ook vroeër aan Maroela Media gesê hulle sal berading aan Van den Berg verskaf.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
14 Kommentare
Dankie SAPD vir jul flink optrede. Ons bedank jul vir jul harde werk.
Baseball bat op die niere en ‘n tienpond hammer wat hul hande en voete vergruis! !
Mag die lafaards kry wat hulle toekom. Laakbaar.
Goeie werk van SAPD.
Well done SAPS.