Twee vas vir onwettige vuurwapens

geweerTwee mans is Donderdag in die Oos-Kaap in hegtenis geneem nadat onwettige vuurwapens en ammunisie in hul besit gevind is.

Kol. Mzukisi Fatyela, ʼn polisiewoordvoerder, sê die mans is in Mthatha in hegtenis geneem.

Die mans was in besit van twee vuurwapens waarvan die reeksnommers afgeveil is.

“Die mans gaan van die besit van onwettige vuurwapens en ammunisie aangekla word. Daar word tans ondersoek ingestel om te bepaal of hulle ook met ander misdaadvoorvalle in die gebied verbind kan word,” het Fatyela gesê. Die vuurwapens is vir ballistiese toetse gestuur.

Dié mans se inhegtenisneming volg skaars drie dae nadat vyf mans in die dorp in hegtenis geneem is vir ʼn roof by die Ritz Bingo-casino Maandag. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.