Twee vas vir perlemoen wat miljoene werd is

Die perlemoen wat die polisie gevind het (Foto: Verskaf)

Twee mans van Khayelitsha in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat die polisie perlemoen ter waarde van meer as R6 miljoen in hul besit gevind het.

Konst. Zak Marais, provinsiale woordvoerder, sê die polisie was glo besig om meer inligting oor verdagtes in dié gebied in te win, toe hulle rook uit een van die huise in die omgewing sien kom.

Marais sê die polisielede het aan die deur geklop, maar daar is nie vir hulle oopgemaak nie. Hulle het toe gedwonge toegang tot die huis verkry, waarna hulle op die perlemoen afgekom het.

Die perlemoen wat die polisie gevind het (Foto: Verskaf)

Volgens hom was daar sowat 39 kratte én 16 bokse perlemoen in die huis.

Die twee mans, onderskeidelik 34 en 36 jaar oud, sal binnekort voor die hof verskyn.

Die Wes-Kaapse polisie het die betrokke polisielede geprys vir hul werk en gesê dit is maar net nóg ʼn bewys hoe “die kleinste waarnemings tot die grootste suksesse kan lei”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Yster ·

Kan iemand my asb. sê wat word van die perlemoen wat op beslag gelê word. Kan ons daarvan koop op n veiling of word diet venietig.

Frederik ·

‘n Persoonlike vermoede is dat die onwettige produkte verkoop word om die ANC Presidentsfonds te versterk. Nêrens word daar ooit berig waar,hoe of hoeveel van die produkte vernietig word nie.

Kwyl ·

En hier sit ons en kwyl vir ‘n stukkie perlemoen, want vir die gewone man is dit so te sê onbekostigbaar! Sal ook graag wil weet wat word van die perlemoen…

snoefie ·

dit word recycle om volgende maand in Sternberg “bevind” te word. laat dit mos lyk of sapd op die bol is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.