Twee vas vir polisievrou se moord

Ao. Michelle Stephenson. Foto: Facebook

Ao. Michelle Stephenson. Foto: Facebook

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op ao. Michelle Stephenson, ʼn polisiebeampte van Vanderbijlpark wie se liggaam verlede week in haar huis aangetref is.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans, onderskeidelik 27 en 42 jaar oud, is Sondagaand in Vanderbijlpark in hegtenis geneem. ʼn Skootrekenaar wat tydens die rooftog by Stephenson se huis gesteel is, is in hul besit gevind.

“Daar word vermoed dat ʼn derde persoon by die voorval betrokke was. Die polisieondersoek en soektog na die verdagte duur steeds voort,” het Dlamini gesê.

Maroela Media het vroeër berig Stephenson se liggaam is Dinsdagoggend in haar huis gevind nadat sy nie vir werk opgedaag het nie en iemand gaan ondersoek instel het. Sy is met ʼn stuk lap verwurg. Die verdagtes het vermoedelik deur ʼn klein deur toegang tot die huis verkry en verskeie items is uit die huis gesteel.

Stephenson was ʼn bekende in die gemeenskap, veral as die stigter van Jessica’s Wall of Life, ʼn muur waarin weggooibabas geplaas kan word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Marianne ·

WAT IS ‘n LEWE WERD???
Moord en dood is so algemeen dat ek nie glo enige iemand slaan meer ag daaroor nie.
Die “agtergeblewendes” en “minderbevooregdes” kan maak wat hul wil, aangaan soos hul wil.
Vir hulle is ‘n lewe niks werd nie. Al het daardie lewe al haar lewe in gevaar geplaas vir hulle.
Rus in vrede Michelle, jou sirkel is voltooi…. Te vinnig Te hartseer Te wreed.
Jy sal onthou word deur die gene wat jou liefhet en jou bemin het.

Adam Boshoff ·

Gaan die rasistiese voorval let wel nie moord nie ook aan die groot klok gehang word soos die doodkis geval!!!!! So onnodig om iemand vir n rekenaar te vermoor Rus in vrede Michelle

snoefie ·

Adam boshoff wat het jy gedoen om haar dood aan die groot klok te hang? copy die berig, paste op fb, instagram, twitter. jy sal verbaas wees hie very dit kan trek.

Hans Fouche ·

Ek kannie glo wat in ons pragtige land aan die gebeur is nie,moord vier hoogty en ons moet staan en toekyk,in vrees lewe vir ons families en vriende en onself se lewens dag na dag,dit was veiliger op die grens as dit vandag is in ons land,sterkte aan Michelle se familie.

Rens Roodt ·

Voorwaar n land waar die Blanke Boerevolk se Bloed vloei – n land baie duur gekoop! – Mag dit ons Hemelse Vader se Wil wees dat ons genade mag vind in Sy oe en mag Hy hierdie volksvreemdes vernietig en verdelg – daarvoor bid ek elke dag.

Laurika ·

DIE vrou het jongmense wat besig is om hul lewens weg te gooi met drank, dwelms en satanisme, op die regte spoor gehelp. Sy het ouers bygestaan wanneer hulle die pad byster geraak het. Sy was ‘n diere liefhebber. Sy was ‘n mens-se-mens. Sy het gelewe vir haar werk en haar dogter. Sy het ook 500 meter van my huis af gewoon. Ek wonder of hierdie swape ooit sal besef wat hulle gedoen het, en wie hulle vermoor het. Nee, hulle gee nie om nie. Dit gaan oor ‘n skoot rekenaar. Ek kan my woede nie eens beskryf nie.

Hannelie ·

Dis so verskriklik hartseer! Laurika ek kan my indink hoe jy moet voel. Dink nie dis mense die nie…dis die gemors van die land. En ek kan jou wed hulle weet nie eens hoe werk ‘n skoot rekenaar nie. Gaan dit seker verkoop vir R200 vir dwelms. Zuma en sy hele parlement moet wakker word….en kyk wat rondom hulle gebeur.

Asjas ·

Sy was ook ‘n Polisie Beampte, dus sy moes weet van veiligheid? Ek vermoed sy het haar moordenaars geken, sy het hulle 10 teen 1 gehelp en al wat hulle gedoen het was om te kyk waar kan hulle inbreek! Stank vir dank …
Daar is so min goeie mense oor in die wereld, hoekom moet die wat ‘n verskil kan maak weggeneem word?

Lynette Stephenson ·

Michelle is my skoonsussie. Ek sê dankie vir die polisie wat so hard gewerk het en nog steeds doen. Sy was n wonderlike mens en leef in ons gedagtes en harte voort.

Johann ·

2 mans? ‘n 3e gesoek? Wat van n beskrywing? Jy weet …die tipe wat mens help om iemand te identifiseer? Detail soos velkleur? Vir n begin? Of is die weglating van sulke detail deesdae oorbodig? Ek neem aan dit blyk dan bloot logies te wees dat waar daar sekere wreedheid en onbesonne disrespek vir lewe is…die enigste blanke vel betrokke ; die van die slagoffer is? Vra ek bloot vanuit n waarnemings oogpunt…MAAR imagine ons kan begin om die DADE te veroordeel. Imagine ons was almal deurskynend….of blou of wat ook al maar ons het ROOI GEBLOEI as iemand hom/haar nie gesteur het aan MY reg en MY voorreg om te lewe nie? Imagine ins kim by n punt uit waar die PLEGER van die DAAD van SY regte en voorregte ontneem word…insluitend sy DISrESPEK vir lewe. As jy nie die beginsel van lewe respekteer nie; dan word jy ontneem van JOU voorreg om te lewe!!!!!!

Theresa ·

Dit hoort in enige normale samelewing so. As jy by my kamervenster inklim (ongenooid en ek ken jou nie) behoort ek jou net daar met jou af te reken. Ook so as jy daarop aandring om in my huis / kar te kom, terwyl jy onbekend is en ongenooid daar is. Dan sal die polisie minder werk hê en mense sal weer begin dink om liewer nie misdaad te pleeg nie.
Tans is dit ‘n paradys vir enige misdadiger. Gelukkig word sommiges gevang – dit wys darem daar word deur die polisie ‘n goeie poging aangewend om hul plig na te kom met miljoene (en dit raak meer-en-meer) wat na hartelus misdaad pleeg.

Jean ·

So bly hulle is aangekeer. Sit asb ook hulle gesigte in die koerante met ‘n foto van die moordtoneel en onderhoude met haar gesin en familie wat deur hierdie verskriklike trauma moes gaan. Mense in SA moet alles op ‘n gebalanseerde manier aanskou. Help nie jy blaas een beweerde rassistiese insident op en ag die lewens van ander mense so gering om nie eers die nodige fotos van hulle moorde te publiseer en onderhoude te voer met hulle getraumatiseerde families nie. Die media in SA moet wakkerskrik.

Bruno Stef ·

Wit lewens maak ook saak wereldwyd en veral in Suid Afrika.

Jantjie ·

Daar is weer so baie moorde in die nuus, en dit is net die berigte wat die nuus haal. Ek voel totaal wanhopig. Wie van ons se beurt is dit om vandag vermoor te word? En more?

varkie ·

Is die verdagtes WIT of SWART of maak dit nie saak as dit kom by n WIT persoon is wat afskuwelik verMoor is ek is nou so kwaad en maroela gaan vir die soveelste meer seker nie my kommetaar plaas nie want ek vra mos vrae RIP wit vrou wat die land gedien het

Karin Dennis nee Jansen ·

Rus sag Michelle. My kamermaat in die polisie kollege 1991. Geen persoon verdien om so te sterf nie.

Manie ·

Kan iemand in die statistieke kantoor vir ons asb die volgende uitvind en plaas.
1.Hoeveel wit mense is deur ander kleuriges vermoor in 2015
2.Hoeveel ander kleurige mense is deur witmense vermoor in 2015.
3.Hoeveel wit boere is deur ander kleurige mense vermoor in 2015.
4.Hoeveel ander kleurige boere is vermoor deur wit mense in 2015.
5.Wat was die laaste blanke president se totale koste vir n jaar.
6.Wat is Zuma se totale koste per jaar.
7.Wat was die SAL se wins onder blanke regering.
8.Wat is die SAL se wins onder die ANC regering.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.