Twee vas vir Pta-moord

Argieffoto: Kent Williamson

Twee mans, onderskeidelik 35 en 38 jaar oud, is Woensdag in Pretoria in hegtenis geneem nadat hulle glo ʼn ander man doodgeslaan het.

Volgens konst. Tumisang Moloto het die twee verdagtes na bewering Dinsdag omstreeks 19:00 hul slagoffer in die Mooiplaas- informele nedersetting, wes van Centurion, erg aangerand.

“Die slagoffer het beserings aan sy bolyf opgedoen en is na die Kalafong-hospitaal geneem waar hy later aan sy beserings beswyk het,” het Moloto gesê.

Die motief agter die aanval is nog onbekend en word ondersoek.

“Speurders van die Erasmia-polisie het onverpoosd gewerk om die verdagtes op te spoor. Hulle het ʼn deurbraak gemaak toe hulle inligting oor die verdagtes se bewegings van lede van die gemeenskap ontvang het.”

Moloto het gesê die polisie is na die verdagtes se skuilplek in Mooiplaas waar die mans aangekeer is. “Hulle het reeds hul bagasie gepak en het gereed gemaak om die polisie te ontduik.”

Die Erasmia-polisie ondersoek ʼn saak van moord.

Die mans moet binnekort in die Atteridgeville-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.