Twee vas vir R6,5 miljoen se kreef

De kreef waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Twee mans is in die Wes-Kaap in hegtenis geneem nadat hulle in die besit van R6,5 miljoen se onwettige kreef voorgekeer is.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie van Grabouw het Vrydag inligting ontvang van ’n voertuig op die N2 wat kreef vervoer.

Die voertuig is voorgekeer en deursoek waarna polisiebeamptes op 12 807 kreefsterte en 377 heel krewe beslag gelê het.

Volgens Rwexana is die twee mans, onderskeidelik 43 en 50 jaar oud, op die plek in hegtenis geneem.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag in ’n hof verskyn.

De kreef waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

My siening ·

Kyk maar na vis restaurante wat dit koop want so baie krewe is nie vir een mens nie. Lekker wins dan betaal ek R1000 vir n kreef. Jy kan ons kreef goedkoper oorsee kry!
Wat maak die polisie nou met kreef?

Rudolph ·

Ja, almal bekommer hulle oor die geld. Die krewe se lewens beteken niks. So is dit met diereliefhebbers. Hulle respekteer net diere wat hulle nie wil eet nie

Rudolph ·

Shame! Nou word hulle toegesluit omdat hulle, hulle Bybelgegewe reg om diere dood te maak vir smaak (kos) uitleef. Stropers net soos ons rasionaliseer hulle dade deur te sê as mens moet kies tussen die regering en die Bybel dan moet jy die Bybel kies. Ek hoor byna daagliks Christene wat sê ‘ek sal nooit ophou vleis/vis eet nie’ of ‘die Bybel sê ek mag’. Ocean Basket, John Dories, KFC, Nandos, Enterprise, ens sowel as die stropers vryf hulle hande van lekker elke keer as ‘n Christen so sê en die stropers se gewete is skoon. Ek ken hierdie redenasies eerstehands want my pa was ‘n stroper

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.