Twee vermeende renosterstropers in Dinsdag naby Hazyview in Mpumalanga vasgetrek.
Col. Vishnu Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê beamptes van Operation Rhino het die verdagtes in Nyongane in hegtenis geneem.
“Een verdagte was in besit van verskeie soorte ammunisie en ʼn windbuks,” het Naidoo gesê. “Sy medepligtige was in besit van ʼn jaggeweer en ʼn tuisgemaakte knaldemper.”
Een van die verdagtes word aangekla van die besit van wapens wat verbied word en die ander van die onwettige besit van ammunisie. Hulle word by die Hazyview-polisiestasie aangehou en moet binnekort in die hof verskyn.
Wonderlik! Baie dankie vir die goeie werk om ons mooi diere veilig te hou.
Maroela, hoekom kan ek die berig oor die Terblanche-egpaar nie oopmaak om te lees nie? Wat is die probleem?
Dagsê Christa
Het jy al intussen reggekom? Daar was nie ‘n probleem aan ons kant nie.
Klik gerus hier: http://maroelamedia.co.za/blog/nuus/suid-afrika/terblanche-egpaar-kan-ongeluk-nie-onthou/
Groetnis
Suné
nms Maroela Media