Twee vas vir veiligheidskompleks-moord

Andre en Etricia Durant. Foto: Facebook

Andre en Etricia Durant. Foto: Facebook

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op Andre Durant (61).

Gewapende rowers het Durant, ook bekend as Soutie, Sondag in die vroeë oggendure in ʼn veiligheidskompleks in Rustenburg, Noordwes, doodgeskiet. Sers. Kelebogile Moleko, woordvoerder van die polisie, het vroeër gesê Durant se vrou, Etrecia (59), het net ná middernag wakker geskrik van geluide in die egpaar se huis. Sy het haar man wakker gemaak en hulle het gaan ondersoek instel toe hulle op ʼn aantal gewapende rowers in die huis afgekom het.

“Die rowers het vuurwapens op die egpaar gerig en geld geëis. Die vrou het teruggehardloop na die slaapkamer en haarself toegesluit. Sy het gehoor hoe ʼn skoot afgevuur word,” het Moleko gesê.

Durant is verskeie kere geskiet. Hy is na ʼn hospitaal gehaas, maar is met sy aankoms daar dood verklaar. Die moordenaars het slegs met ʼn televisie op die vlug geslaan.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee verdagtes, glo albei Mosambiekers, is Dinsdag in die Matebeleng informele nedersetting naby Rustenburg vasgetrek. Die televisie wat tydens die voorval gesteel is, is in hul besit gevind.

Die verdagtes, onderskeidelik 30 en 34 jaar oud, verskyn Vrydag in die landdroshof in Rustenburg.

Jeanine Durant-Crous, die egpaar se dogter, het op Facebook gesê ‘n roudiens word Saterdag in Somerset-Wes in die Kaap gehou. Die egpaar laat ook ‘n seun, Quentin, agter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Susan ·

Ai ai en dit vir ‘n tv. Wat anders kan mens se wat nog nie gese is nie. Sterkte vir famalie lede.

peanut ·

Dit wil my voorkom of dit deesdae hoogmode is om te se die rowers is van Zimbabwe of Mosambiek of Nigerie. Interressant hoe hulle maar net NOOIT Suid Afrikaners is.
Is dit die waarheid, of is dit net nog n slenter van die regering om die waarheid weg te steek

Mariette van Zyl ·

Here wees met ons. Dis asof daar n oorlog teen ons blankes gevoer word en ons besef dit nie eers nie!

Annie ·

Dit is beslis oorlog tyd. Ons regering onder steun die moorde .. anders was daar al aksie geneem …..

ken van benoni ·

Dis oorlog en min. in presidesie sê mense moet wapens inhandig!? Nog bewyse nodig dat ons vriende het in die regering?

christine ·

Dan se Zuma nog om die buitelanders te beskuldig is verkeerd. Zenefobie? My dinges waar hulle hul voete neersit is daar moeilikheid. Hulle so 20 stuks,sit daagliks voor in die straat. Ignoreer hulle, hulle is groot moeilikheid.

Ellarine Steenkamp ·

‘n Absolute skande !!!! In watter ander deel van die wereld, kan enige mens besluit ek gaan bly nou daar “ter wille van ‘n beter lewe” terwyl dit alombekend is hier is nie werk vir ons eie mense nie !!! Jy stap sommer in en steel en vermoor om aan die lewe te bly!!!! Hoe lank moet dit nog aangaan? Die skuldiges word gevang ja, miskien . . . . en wat gebeur daarna ????

SARIE VAN HEERDEN ·

Ons is gekaap en die kapers het my man op die grond laat le om hom dood te skiet. Vir my het hul net gelos want toe gaan le ek ook op my maag langs hom. Hulle het nie een van ons geskiet nie maar alles gevat wat hul wou he. Is dit nie dalk hoe ons moet optree sodat hul ons wat nie geteiken is, jammer kry nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.