Twee vas vir Winterton-plaasaanval

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie het twee verdagtes in hegtenis geneem op aanklag van diefstal en poging tot moord tydens ʼn plaasaanval in Winterton in KwaZulu-Natal.

“Die twee verdagtes, onderskeidelik 25 en 28 jaar oud, is Vrydag in hegtenis geneem,” het maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê.

ʼn 47-jarige man is op 8 Februarie deur die twee verdagtes oorval terwyl hy geslaap het. “Hulle het die diefwering oopgebuig. Hulle het ʼn skootrekenaar, selfoon, beursie en ʼn onbekende hoeveelheid kontant gebuit,” het Zwane gesê. “Die slagoffer het wakker geword en die mans het hom met ʼn onbekende voorwerp aangerand.” Hulle het te voet van die toneel gevlug.

“Die ondersoekbeamptes van Winterton het onverpoosd na die verdagtes gesoek. Die eerste man is in Loskop aangekeer waar hy weggekruip het. Hy het die polisiebeamptes na sy vermeende medepligtige in Winterton geneem.” Die polisie het beslag gelê op die skootrekenaar en selfoon wat tydens die rooftog gesteel is.

“Die mans staan tereg op aanklag van huisbraak en poging tot moord en sal Maandag in die Colenso-landdroshof verskyn,” het Zwane bygevoeg.

Lt.genl. Mmamonnye Ngobeni, provinsiale polisiekommissaris, het die Winterton-speurders geloof vir hul uitstekende werk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

paula ·

ag weet die eff is so plat nou is dit PAUL KRUGER se standbeeld se skuld dat hulle nie werk het nie hoekom gaan sit hulle nie by Mandela se standbeeld

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.