Twee vas wat 32 mense in taxi laai

Argieffoto: ANA

Twee mans, ʼn 29-jarige taxibestuurder en sy 20-jarige kondukteur, is Vrydag in hegtenis geneem nadat ʼn minibustaxi met 32 passasiers van die pad af getrek is.

Kapt. André Beetge, woordvoerder van die polisie, het gesê die inhegtenisnemings volg nadat die polisie, straatpatrolleerders en verkeersbeamptes ʼn spesiale operasie in Sheya Kulatistraat in New Brighton in die Oos-Kaap uitgevoer het.

“Teen 08:00 is ʼn wit Quantum-minibus deur die beamptes voorgekeer. Daar was vier volwassenes en 28 kinders in die voertuig,” het Beetge gesê.

Die bestuurder is op die toneel in hegtenis geneem op aanklag van oorlading.

“Toe die beamptes die taxi na die New Brighton-polisie stasie wou neem, was die sleutels skielik skoonveld. Ná ʼn soektog kon die beamptes vasstel dat die kondukteur dit in sy onderbroek weggesteek het. Hy is toe in hegtenis geneem op aanklag van regsverydeling.”

Albei verdagtes moet Maandag in die New Brighton-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Bok ·

Johanna ek stem saam.
Maar reken net hoe meer in die voertuig hoe grooter die sterftesyfer as iets verkeerd gaan so beheer verloor oor voertuig!!!!!!

EK ·

Ek gee nie om wie in die taxi klim nie. In noodlottige ongelukke agv taxi’s wat hulle aan geen padreëls steur nie. Is daar gesinne wat rou oor n geliefde. Skep n tronk wat spesialiseer vir Taxi bestuurders. Hulle kan ongeluks tonele opruim en paaie bou. Dalk kry hul dalk respek vir padreëls. Taxi gebruikers wat oral op en af klim moet ook vasgevat word.

DS ·

Dis erger by afrikaanse wit skole. Ek wag nou die dag by een vir my kleinkind en ek tel 15 kinders agter in bubbelkajuitbakkie en nog 10 voor in. Toe ek vir die drywer sê dis nie reg nie kry ek ‘n rits van die vieslikste vloekwoorde en hou jou neus uit my sake vroumens. Ek verstaan nie hoe dit aanvaarbaar is vir al die ander ouers wat dit elke dag sien nie. Gaan hom eendag weer raakloop seker maak ek kry sy registrasie nommer en hom rapporteer aan metro -polisie. Terwille van daai kinders se veiligheid.

Chris Ws ·

Ds u selfoon het sekerlik ‘n kamera in.In die vervolg maak ‘n video opname van die gedoente.Kry voor die tyd uself gereed volgende keer as u weer by daai skool kom om iemand op te laai.So kry u die bestuurder en die voertuig met alle bewyse op video.

Ig ·

DS 15 klink nie moontlik nie maar as dit so was dan is jy aandadig om dit nie te rappoteer nie.

DS ·

Chris Ws dis nie of ek dit verwag het nie en tweedens ek HET NIE my selfoon by my gehad nie. Was in my handsak in my voertuig ek het vir my kleinkind by hek staan en wag. Dankie vir jou opmerking maar is nie dom nie sou verseker video gemaak het as ek foon by my gehad het. Dis ook ouers se verantwoordelikheid om seker te maak watter tipe vervoer jou kind na naskool/kleuterskool vervoer. En dan moes ek ook aan my eie veiligheid en dié van my kleinkind gedink het. Sê net weer dit gebeur op ‘n daaglikse basis dat voertuie oorlaai word nie net taxi’s nie.

Hanna Hoekom ·

Poging tot moord as jy my vra. Komaan, maak n voorbeeld van hierdie twee menere!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.