Princess Nkomo is verlede week in Harare in Khayelitsha in die maag geskiet en Mandisa Plaatjie in die arm.
Byron la Hoe, woordvoerder van die departement, het gesê die beamptes is van hul selfone en beursies beroof.
Plaatjie het na die voorval self met Nkomo na die naaste hospitaal gery.
Die verdagtes wou vermoedelik die beamptes se wapens steel, maar die vroue het nie hul wapens by hulle gehad nie.
Die verdagtes, 26 en 30 jaar oud, is Donderdag in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof. Hulle sal na verwagting Maandag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
2 Kommentare
Gee hul sommer vinnig lewenslank