Twee vas wat beamptes skiet

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die departement van vervoer en openbare werke in die Wes-Kaap het die inhegtenisneming van twee verdagtes, wat glo twee vroulike verkeersbeamptes geskiet het, verwelkom.

Princess Nkomo is verlede week in Harare in Khayelitsha in die maag geskiet en Mandisa Plaatjie in die arm.

Byron la Hoe, woordvoerder van die departement, het gesê die beamptes is van hul selfone en beursies beroof.

Plaatjie het na die voorval self met Nkomo na die naaste hospitaal gery.

Die verdagtes wou vermoedelik die beamptes se wapens steel, maar die vroue het nie hul wapens by hulle gehad nie.

Die verdagtes, 26 en 30 jaar oud, is Donderdag in hegtenis geneem en staan tereg op aanklagte van poging tot moord en gewapende roof. Hulle sal na verwagting Maandag in die Khayelitsha-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Vinnig lewenslank of stadig lewenslank sal dit met die Azaniëse wetgewing steeds net etlike jare wees voor hulle weer op straat sal wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.