Ao. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, het gesê vier mans het Vrydag omstreeks 12:00 by ʼn huis in Moffat View ingebreek. “Die verdagtes het oor die heining gespring en ʼn 84-jarige man in die kombuis aangeval. Hulle het hom met ʼn skroewedraaier gesteek en erg aangerand, voordat hulle sy hande en voete met kabelbinders vasgebind het,” het Mbele gesê.
Die rowers het die huis omgekeer, glo opsoek na geld. Hulle het met ʼn houer vol juweliersware en ander items gevlug.
Polisiebeamptes op roetine misdaadbekampingsdiens het gesien hoe die vier mans van die toneel af weghardloop en het versterkings ontbied. “Twee verdagtes, onderskeidelik 27 en 40 jaar oud, is gevang en in hegtenis geneem. Twee ongelisensieerde vuurwapens, ʼn skroewedraaier en die juweliershouer is in hul besit gevind,” het Mbele gesê.
Die ander twee verdagtes kon daarin slaag om weg te kom en is steeds soek. “Die bejaarde man is na ʼn hospitaal gehaas,” het hy gesê.
Die twee verdagtes sal binnekort in die Johannesburg-landdroshof verskyn op aanklagte van huisbraak en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
“Die ander twee verdagtes kon daarin slaag om
weg te kom en is steeds soek.” Net so, mooi man. Die persoon wat dit geskryf het moet bietjie die Solidariteit artikel lees en uitvind hoe om sy Afrikaans op te kikker
Ek sien dikwels mense work met lewengevaarlike wapens aangerand, maar nie van poging tot moord aangekla nie. In hierdie geval is n bejaarde met n skroewedraaier gesteek, in n ander geval is n koshuis HK lid met n skêr gesteek. Waarom sou dit nie poging tot moord wees nie? Kan iemand dalk verduidelik?
@Hendrik, dit gaan ELKE keer deur my gedgtes ook.. wat is die presiese intensie van die inbrekers? Hulle kom seker daarmee weg om te se hulle het die oom met die skroewedraaier gesteek uit selfverdediging! Ek weet nie meer nie, die klagtes is net so absurd dat mens wonder hoekom hulle in die eerste plek aangekeer is.
Jaco ek lees dit baie mooi en jy KAN MAAR AANSOEK GAAN DOEN BY N SKOOL. Ek het gedink hierdie is nuusblad, nie n klaskamer nie. Mooi so polisie dat julle darem 2 kon vang.
Vreeslik dat so iets met iemand wat 84 is, en homself nie eers kan verdedig nie gebeur. Hoop die oom herstel goed van die wonde en skok.
Mooi so Pop. Ek is siek en sat vir die sogenaamde verdomde puriste. Dit is laakbaar dat hulle n mens van 84 kan seer maak. Hoop hy kan die trauma te bowe kom.