Beamptes van die Grensbestuursowerheid (BMA) by die grenspos by Kosibaai in KwaZulu-Natal het twee Mosambiekers vasgetrek wat glo gesteelde infrastruktuur na Mosambiek probeer smokkel het.
Mmemme Mogotsi, woordvoerder van die BMA, sê grenswagte het ʼn grys Isuzu-bakkie by die grenspos deursoek, waarna 52 straatligte – wat aan die Ethekwini-metro behoort – in die voertuig gevind is.
“Die BMA het dadelik die Valke en Durban-polisie in kennis gestel. Twee Mosambiekers is in hegtenis geneem en van die besit van gesteelde goedere en die beskadiging van noodsaaklike infrastruktuur aangekla.
“Daar is beslag gelê op die Isuzu-bakkie, asook die eiendom wat op die voertuig gevind is, waarna dit aan die polisie op Manguzi oorhandig is. Die waarde van die eiendom word op R1,9 miljoen geraam.”
Die Valke sal die saak nou verder ondersoek, sê Mogotsi.
Dr. Michael Masiapato, kommissaris van die BMA, het die grenswagte “vir die voorkoming van onwettige bedrywighede en die beveiliging van staatsbates” geloof.
“Die BMA-grenswagte dien as die eerste linie van verdediging en werk die hele dag om immigrasiewette af te dwing en sodoende die integriteit van die land te handhaaf.
“Hul waaksaamheid in hierdie voorval en toewyding dra aansienlik by tot die handhawing van wet en orde.”
Lekker plek die! Niemand het opgemerk dat 52 lamppale nie meer in plek is nie!
Net in SA!!
Liewe Ouers!! Pleks.dat hulle hulle en hulle soort uit die land smokeless en daar bly!!!!
Sjoe. Kos een lig regtig om en by R 36 000-00?
…die outjies kon natuurlik nie die nodige palms ghries nie!