Twee vas wat glo bakkerytrokke teiken

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Scott Rodgerson/Unsplash)

Twee verdagtes van onderskeidelik 20 en 26 jaar oud is Donderdagaand in Polokwane in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by kriminele aktiwiteite.

Die verdagtes het glo bakkerytrokke en sakeondernemings in die Nebo-, Rakgoadi- en Masemola-gebied geteiken.

Tydens die arrestasie het die polisie een ongelisensieerde vuurwapen gevind wat vermoedelik tydens ʼn misdaad gebruik is. Geroofde items wat glo aan die slagoffers behoort is ook gevind.

Albei verdagtes is tans in aanhouding en sal binnekort in die hof verskyn op vier aanklagte van sakeroof, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Lt.genl. Thembi Hadebe, die polisiehoof in Limpopo, het die ywerige werk van alle betrokke beamptes geloof en die publiek aangemoedig om waaksaam te bly enverdagte aktiwiteite by die polisie aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

domheks ·

More is hulle weer op straat met R500 boete. Dit help nie ons mors geld om hulle te arresteer en die hof gee net ‘n boete nie!

Republikein in die Wes Kaap ·

Verkoop seker die brood teen lae pryse. Armoede begin sy tol eis. En politici het nie planne nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.