Twee vas wat glo bank van R3 miljoen beroof

Een van die verdagtes in ‘n SBV-veiligheidsuniform soos hy deur sekuriteitskameras vasgevang is. Foto: SAPD

Twee mans wat na bewering ʼn bank in Klerksdorp in Noordwes beroof het deur hulle as SBV-veiligheidswagte, kompleet met valse identiteitsbewyse, voor te doen, het Dinsdag in die plaaslike landdroshof verskyn.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder van die Valke, het gesê Welcome Marcus (50) en Charles Anthony Scheepers (54) is Sondag onderskeidelik in Edenvale en Fleurhof in Johannesburg in hegtenis geneem.

Die twee word verbind met ʼn voorval op 11 April 2018 toe ʼn Nedbank-tak in Klerksdorp van ongeveer R3 miljoen beroof is. Volgens Rikhotso het twee mans wat in SBV-veiligheidsuniforms geklee was die bank binnegegaan om kontant tydens ʼn “roetine-besoek” op te laai. Hulle het vervalste identiteitskaarte aan bankpersoneel getoon en die kontant opgelaai.

Die Valke se ondersoek het hulle na die twee verdagtes gelei waar R50 000 by een van die verdagtes se huis gevind is. Volgens Rikhotso is die Valke se eenheid vir prioriteitsmisdaad en spesiale ondersoek ook by die ondersoek betrek om finansiële- en batebeslagleggingsondersoeke te doen.

Marcus en Scheepers het op aanklag van diefstal in die hof verskyn waar die saak tot 22 Mei uitgestel is vir borgtogaansoek. “Intussen is die net besig om al nouer te trek rondom die ander verdagtes wat kop in een mus met die twee beskuldigdes is,” het Rikhotso gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Thersia ·

Ek raai dat daar ‘n paar benoude bank amptenare is vanaand…..

siek en sat ·

Hoekom benoud wees? Ons is verheug dat die skelms gevang is , bid net dat die onskuldige bank amptenare nie afgedank word nie

siek en sat ·

My wens is dat die bank personeel nie afgedank sal word nie, en dat die verdagtes vir baie jare tronk toe gestuur word. Bank personeel is onder baie stres en al was die prodedure met sbv tot op die laaste punt gevolg deur die bank kon foutiewe inligting wat deur gegee is nie verhoed word nie, want so werk die sbv wagte saam met die persoon wat die inligting deur gee na die bank. Niemand ken die stres as van die bank werk nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.