Twee vas wat glo dwelms in Jhb vervaardig

Argieffoto ter illustrasie

Twee mans is in Randburg in hegtenis geneem op aanklag dat hulle dwelmmiddels vervaardig, toe hulle met kristal metamfetamien (tik) ter waarde van R6 miljoen betrap is.

Ndivhuo Mulamu, woordvoerder van die Valke, het Donderdag gesê die twee mans is Woensdagaand by Watercome-plaas in hegtenis geneem. “Die inhegtenisnemings volg ná ʼn gesamentlike operasie om dwelmhandelsindikate oop te vlek. Daar is beslag gelê op chemikalieë en toerusting wat gebruik word om dwelmmiddels mee te vervaardig, asook 20 kg tik met ʼn geraamde waarde van R6 miljoen.”

Die mans, albei 49 jaar oud, sal Maandag in die Randburg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

CHRISTA ·

Sit hulle in die tronk en gooi die sleutels weg want hulle verwoes duisende mense (veral jonges) se lewens!!

Anoniem ·

Die “lolly” waarmee tik gerook word, is ‘n proefbuis wat veral uit hospitale gesteel word. Sal gaaf wees as die SAPD daarna begin ondersoek instel, veral staatshospitale.

Jacobus Krynauw ·

Kinders neem self die besluit om dwelms te gebruik, tensy dit onder dwang plaasvind

Kyla ·

Julle vergeet van die ouers van daardie kinders wat ook HEL het onder daardie kinders wat die goed gebruik. Dit is werklik n troumatiese ervaring, vra ons ons praat uit ondervinding.

Anoniem ·

Ek was een van daardie kinders wat “stone cold” en met baie genade van God ophou meth doen het. Kan ek jou gerus stel dat God ‘n genadige God is en dat elke ding werklik sy tyd en plek het, nes Hy in die Bybel sê. Ek kan uit my eie persoonlike ondervinding sê dat daar ‘n baie diep emosionele dryfkrag vir dwelms is en nee dit is nie noodwendig swak of onbevoegde ouerskap nie, moet vir geen oomblik die fout by julself soek of dan nét by julself soek nie. Ek was emosioneel onvolwasse met probleem hantering, ek was onseker as mens, en ja in my geval was daar traumatiese dinge wat ek moes verwerk en nie ander kon of wou verwerk nie. Wat ek wil oordra is dat God nie julle as gesin of jou kind OOIT sal los nie, daar sal ‘n uitweg kom indien julle steeds met die probleem moet saamleef. Ek wens ek kon met jou kind deel wat ek geleer het en hoe om hom/haarself te help. Nietemin is my gebede met elke ouer wat hierdie probleem ervaar. Hou moed, GLO in God se Genade, Hy sal julle gebede beantwoord.

Fires ·

In Johannesburg vervaardig? het gedink alles word deesdae in China gemaak

Jakoba ·

Dankie Anoniem vir jou bemoedigende boodskap. Ek haal my hoed vir jou af dat jy skoon is! Aan God die eer! Staan sterk.
Ek stem Christa, gooi hulle in die tronk vir ewig. Dalk red dit ñ paar lewens.
Hoekom doen ons mensdom aspris dinge om ander mense te verwoes?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.