Twee vas wat glo gesteelde mieliesaad wil smous

Die saad is duisende rande werd. (Argieffoto: pixabay)

ʼn Vrystaatse boer het die polisie op die spoor van twee kwansuise smouse gesit wat mieliesaad aan hom probeer verkoop het.

Brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, sê ʼn gesamentlike operasie is ná die boer se wenk uitgevoer en het reeds tot twee inhegtenisnemings gelei.

Makhele sê ʼn boer in die Vierfontein-distrik het Vrydag inligting verskaf oor die twee mans wat mieliesaad verkoop en die verdagtes, onderskeidelik 25 en 26 jaar oud, is in die daaropvolgende operasie aangekeer.

Altesame 177 sakke mieliesaad ter waarde van sowat R850 000 is in hul besit gevind.

“Die twee verdagtes sal aangekla word van die besit van vermoedelik gesteelde mieliesaad en sal Maandag in die Bothaville-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Niklaas ·

Nou wonder mens net waar is dit bekom en van watter plaas? Dis taamlik baie, paar trokke vol

Leon ·

Waarskynlik saad deur die staat aan “opkomende boer” voorsien is wat dit eerder direk verkoop as om dit te saai. . .. . . . . Minder werk

Harley Davidson ·

Wanneer die weskaap afstig van Suid-Afrika sal die RSA die land wees met die grootste gekonsentreerde skelms bymekaar in die wêreld.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.