Twee vas wat glo lisensies ‘verkoop’

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Die polisie het ʼn werknemer van ʼn bestuurskool en ʼn beampte van die Mooirivier-bestuurtoetssentrum in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

Simon Zwane, woordvoerder van die Padverkeerbestuurskorporasie, het gesê die twee is Vrydag in hegtenis geneem, na ʼn maande lange ondersoek deur die nasionale teenkorrupsie-verkeerseenheid. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle leerling- en bestuurslisensies bedrieglik uitgereik het.

“Die vrou van die bestuurskool het glo saam met die beampte van die bestuurtoetssentrum gewerk en lisensies uitgereik in ruil vir omkoopgeld. Die twee word in Durban aangehou en sal Maandag in die hof verskyn.”

Zwane het bestuurskole gewaarsku om nie by korrupte aktiwiteite betrokke te raak nie. “Ons het inligting oor talle bestuurskole wat glo by die aktiwiteite betrokke is en ons ondersoek is aan die gang om die skuldiges aan die pen te laat ry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

zoom zoom ·

Alles draai om geld. Kyk maar na zuma en impis . So dit het n morm geword SA wat nie gedtop gaan word nie

jaco ·

Ek dink hierdie bedrog is heeltemal verkeerd, maar ek verstaan die geld-motief daarvoor: ALLES in hierdie land raak net duurder en duurder en duurder. Elke keer as ek deur ‘n supermark loop, verstaan ek nie hoe arm mense oorleef nie. Wat my ook verbaas is dat daar geen grootskaalse opstand teen dit is nie.

snoefie ·

mense in SA, veral witmense in S A is te besig om POLITIES KORREK te wees om op testasn vir geregtigheid.

Buitestander ·

Nou kan ek verstaan dat so baie padongelokke in Kazulu-Natal plaasvind.
Geen K53 opleiding nie en geen praktiese toetse word op ‘n groot deel van bestuurders gedoen nie.
Met ander woorde dit kan gebuer dat bestuurders nie verder as 10 meter vooruit kan sien nie en. Kenbis van padreëls bestaan nie.

Albert Marais ·

Die “beamptes” moet sommer ook van poging tot moord aangekla word. Hulle reik lisensies uit om moord op ons paaie te pleeg.

Marieta ·

en so word baie onwettige ‘wettige moordenaars’ op ons paaie toegelaat…. dis nonsens dat wettige lisensies te duur is…. baie ‘instrukteurs’ is nie eers goed opgelei nie…. stop sommer daar…. ek het nooit iemand gevat vir toets as hulle nie suksesvol sal wees nie….. mors nie die kosbare toetstyd nie…. en drywers is bevoeg!!!

Registreer ·

Sou daar ‘n registrasie wees van bestuurskole om hierdie onderduimsheid te (probeer) verhoed? WEEREENS: K53 beteken net mooi NIKS!! Die owerhede wil dit net nie glo.

Maria Van Dieweeck ·

Goeie nuus! Dit is presies waar ek met vol rassistiese haat behandel is. Dit was n nagmerrie om my lisensie daar te hernu. omdat ek wit is.

Ruby ·

Ek sien daagliks swak motor bestuurders, dan regverdig hulle hul swak bestuursvermoeë met gebare taal!

**Praat saam** ·

Die kom skaars ‘n maand na daar mense by die verkeersdepartement in Secunda vasgetrek is. So min dinge word deedae op die eerbare manier gedoen, mense kan deesdae alles koop. Wat gaan aan in die land van ons.

KZN ·

By die toets sentrum in Dundee staan daar verskeie persone in privaat drag en wag die mense in wat hul bestuurslisensie toets moet afle, voor hul getoets word kry hul die opsie (deur hierdie persone) om R2000 te betaal vir ‘n bestuur lisensie……wys jou nou net, hoeveel gaan maande wag om 3 /4 keer oor te gaan of 1 keer te betaal!

Lorraine ·

En dan wonder mense hoekom ek oor en oor moet gaan vir my lisensie. Ek wil dit op die eerlike manier doen, maar dan “fail” ek omdat ek nie wil betaal nie. Ek het al opgegee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.