Twee vas wat glo pensioengeld steel

Foto verskaf deur die SAPD

Twee verdagtes van Jouberton- informele nedersetting buite Klerksdorp in Noordwes sal na verwagting Donderdag in die Ganyesa-landdroshof verskyn op aanklag van gewapende roof, poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Brig. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê veiligheidswagte was Dinsdag besig met pensioenuitbetalings in die gemeenskapsaal by Elias buite Ganyesa toe vier verdagtes skielik ingestorm en vuurwapens op hulle gerig het. “Hulle het almal aangesê om op die grond te lê. Die verdagtes het die veiligheidswagte van hul vuurwapens beroof en met twee geldkaste gevlug. Hulle het in ʼn wit Toyota-dubbelkajuitbakkie met ʼn Noord-Kaapse nommerplaat weggery.”

Polisiebeamptes van omliggende polisiestasies, die lugvleuel, plaaslike boere en lede van die gemeenskap het ná die voorval dadelik ʼn soektog van stapel gestuur na die verdagtes. “Inligting is tydens die soektog ontvang dat twee mans uit ʼn huis in Kgokgojane gehardloop het met vermoedelik geldsakke. Die polisie het die inligting opgevolg en twee geldkaste gevind. Die verdagtes, wat skote op die beamptes gevuur het, is uiteindelik in nabygeleë bosse aangekeer.”

Beamptes het tydens die inhegtenisneming beslag gelê op R35 000 kontant. ʼn 9 mm-pistool en ʼn geldsak is ook in ʼn gat gevind. “Die soektog duur voort na die ander verdagtes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Pragtig nog ongelisensieerde wapens en hopelik gaan hierdie knape lank sit! Hoop vir geen borg nie. Cele, neem kennis jy gaan ons NIE ontwapen NIE punt!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.