Twee vas wat glo skote afvuur

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans wat na bewering by ʼn gewilde strand in Port Elizabeth skote in die lug afgevuur het, terwyl hulle onder die invloed van alkohol was, het die naweek agter tralies deurgebring.

Die Oos-Kaapse polisie het in ʼn verklaring gesê polisiebeamptes is Vrydag omstreeks 19:00 na die Kings-strand in Humewood ontbied nadat daar glo skote op die strand afgevuur is. “Met hul aankoms het hulle die twee mans in ʼn bakkie gevind, sterk onder die invloed van alkohol. Skote is na bewering vroeër in die lug afgevuur, maar niemand het enige beserings opgedoen nie.”

Die polisie het gesê die mans is in hegtenis geneem en bly in polisieaanhouding totdat hulle Maandag in die hof sal verskyn.

Een van die mans is aangekla van dronkbestuur, roekelose en nalatige bestuur, die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn beboude gebied en nalatige hantering van ʼn vuurwapen. Die ander man is aangekla van die afvuur van ʼn vuurwapen in ʼn beboude gebied en nalatige hantering van ʼn vuurwapen.

Die polisie het ook op die gelisensieerde vuurwapen en ammunisie beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Simon ·

Interessant vertolking van begrip “beboude gebied”. Die strand by Humrwood is aan die een kant dig bebou. Daarteenoor is daar GEEN ENKELE gebou in sig aan die suidelik oostelike kant van die strand nie
Rig van n vuurwapen rigting van geboue en daar is moeilik heid.
Rig die vuurwapen rigting van die see en daar gebeur niks.
Interessant definisie van “beboude gebied”.

Annemarie ·

Miskien was die polisie nie seker in watter rigting die skote afgevuur was nie agv geen bewyse nie?? Standaard prosedure dalk totdat teendeel bewys kan word?

Chris Ws ·

Vuurwapen hantering en drank gebruik doen mens eenvoudig net nie saam nie.Dit is ‘n resep vir gewaarborgde moeilikheid.En die anc regime se polisiemag is daarop uit om mense oor ‘n naweek agter tralies te sit.Of dit in ‘n beboude gebied was of nie,dis irrelevant.Mens trek nie skote met enige vuurwapen in die lug af nie ongeag waar jy jou bevind.Dis absoluut roekeloos en nalatig want jy het geen beheer oor waar daai koeel gaan land nie.

Cherokee ·

Mense wat skote in die lug afvuur moet onthou dat daardie koeëls weer grond toe val.

Peet ·

Ek hoop die wapen se eienaar verloor sy wapens en word onbevoeg verklaar om wapens te besit. Die oorgrote wettige vuurwapen eienaars is veilige en verantwoordelike mense en ons werk hard om ‘n positiewe beeld te skep. Ons het eenvoudig nie sulke mense of insidente nodig nie.

Theresa ·

Boete vir die gedrag. Waarskuwing = volgende keer, straf. Niemand is dood nie.
Daar is ander goed wat meer straf verg. En nee, hoop hul kry hul wapens terug. Met die nodige amptelike waarskuwings en boete vir oortreding. Maar hul het ten minste gelisensieerde wapens. Nie soos die moordenaars en rowers wat onwettig in besit is daarvan en mense se lewens eis nie.

Jip ·

Nou moet julle net nog op ONGELISENSIEERDE wapens beslag lê, dan sal ek weer in julle begin glo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.