Twee vas wat hulle as polisie voordoen

Argieffoto: SAPD/Facebook

Twee mans is Maandagoggend op die N12 digby die R558 in Bekkersdal aan die Wes-Rand in hegtenis geneem nadat hulle glo hulself as polisiebeamptes voorgedoen het.

Ofentse Morwane, woordvoerder van die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid, sê lede van die Gautengse verkeerspolisie het dié twee tydens ’n roetine stop-en-soek-operasie vasgetrek.

“Die verkeerspolisie het ’n swart Toyota Fortuner afgetrek en gevra dat die bestuurder sy lisensie wys. Toe die bestuurder op die punt was om sy lisensie te wys, het een van die polisiebeamptes ’n polisie-identiteitskaart in die bestuurder se beursie opgemerk,” vertel Morwane.

Die polisiebeamptes het die bestuurder en passasier gevra of hulle lede van die polisie is. Albei het erken dat hule wel polisiebeamptes is.

Morwane sê toe die polisiebeamptes dié twee mans se polisie-identiteitskaarte ondersoek, het hulle bevind dat dit vervals is. Hulle is dadelik in hegtenis geneem.

Morwane het bevestig dat hulle tans by die Bekkersdal-polisiestasie aangehou word. Hulle sal na verwagting Dinsdagoggend in die Westonaria-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog en dat hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen het.

Die departement prys die ywerige werk van die polisiebeamptes wat hierdie vermeende misdadigers in hul spore stop gestuit het.

“Dit is as gevolg van die waaksaamheid van ons beamptes van die Gautengse verkeerspolisie dat hierdie vermeende misdadigers in hegtenis geneem is. Die wetstoepassers in Gauteng sal voortgaan om misdaad te bekamp en die inwoners van Gauteng se veiligheid ten alle tye te verseker. Ons doen ’n beroep op lede van die publiek om nou saam met ons te werk en kriminele aktiwiteite in hul onderskeie gebiede aan te meld,” het Morwane gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Michael 1 ·

Ek verstaan glad nie,ek sal my dood skaam om my as n suid afrikaanse polisie man voor te doen vir obvious reasons natuurlik.

Johannes ·

Passop waarvoor jy jou skaam. Nie almal is skelm nie, nes elke lid van die publiek nie loop en moor, roof en verkrag nie.

Michael 1 ·

Ek het nooit die woord skelm gebruik nie maar ek hou van hoe jy dink

Mathys ·

Chinese verwyte oor hulle gesanksioneer was, nou het hulle swart status vir doeleindes van die SEB wetgewing en oefen uitermatige invloed uit oor Afrika in die algemeen en Suid-Afrika in die spesifiek. Die media behoort aan hierdie invloedrykes, so inderdaad nie net invloedryk in polis nie, maar ook in propaganda, omtrent die distopiaanse nagmerrie waaroor elke samesweringsteoretikus van gister gemaan het, maar waarop die wereldmagte, met die vermoe, die geld, beslis ag geslaan het. So die stories oor die alle sienende oog en so aan het mense met geld, sonder sinne genoop om die media huise te koop en sodoende die vele teorie ast ware gepositiveer. Hoe hierdie teorie mag voorkom, jy weet Iqbal (Sekunjala) het Independent News gekoop ne? So dis nie ‘n teorie nie, hulle besit byna alle Engelse publikasies. My humor dan, oor 2 weke vind ons dis eintlik die vals polisie wat die regtes gevang het en niemand kan ooit weet watter die regtes is nie, hang net nog ‘n donker wolk oor ons koppe

Scalla ·

Ek ken n gewone prokureur in ons buurt wat sy swart fortuner toegerus het met alles wat jy aan kan dink wat die ploisie nog nie eers het nie en hy kom weg met alles onder die son.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.